Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Metro-Suid
Help trotse ma van Krugersdorp

René Geldenhuys is ’n sterk ma van Roodepoort met ’n briljante 12-jarige dogter.

“Ek voel ek verdrink ná jare wat ek kop bo water moet hou,” sê Geldenhuys aan die Facebook-blad I Have a Name.

René Gel­denhuys

Sy sê sy het jare gelede uit ’n gewelddadige huwelik ontsnap nadat sy weens die fisieke mishandeling in die hoësorgeenheid van ’n hospitaal beland het.

“Toe ek uiteindelik loop, het ek al my bates en beleggings verloor.”

Geldenhuys het mettertyd haar eie maatskappy begin wat opknappingswerk doen. Sy het ongelukkig weens wanbetaling te veel skuld aangegaan.

Sy doen gereeld vergeefs aansoek vir werk.

Intussen is sy nou minstens R50 000 in die rooi.

“My dogter ly hieronder. Sy is ’n briljante kind wat soveel meer verdien.”

Help só

  • Geldenhuys soek ’n werk in Krugersdorp, aangesien haar dogter volgende jaar hier begin skoolgaan. Sy het ’n CV met verwysings, ’n rybewys en ’n motor. Sy is rekenaarvaardig en weet hoe om Microsoft Word, Excel en Coral Draw te gebruik. Sy kan dus enige administratiewe werk doen.
  • Sy het ook baie ervaring in opknappingswerk en sal perfek wees vir enige maatskappy wat binnenshuise versiering, houtwerk of konstruksiewerk doen.
  • Skakel haar by 064 881 9034 of stuur vir haar ’n e-pos na renevillekitchens@gmail.com. Haar maatskappy se Facebook-blad is Reneville Kitchens.
Meer oor:  Roodepoort  |  Liefdadigheid
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Beeld Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.