Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Metro-Suid
Hepburn (77) wys ouderdom is net ’n getal

Willie Hepburn is weliswaar diep in sy 70’s, maar dit beteken nie die Suid-Afrikaanse motorsportlegende is nie steeds in staat om die jonger manne te klop nie.

Hepburn (77) was die afgelope naweek die kampioen in die V8 Special Coastal Challenge, wat op die Aldo Scribante-resiesbaan in Port Elizabeth gehou is.

Nadat hy die eerste wedren van dié kampioenskap die naweek gewen het, het Hepburn se Sabat Opel Rekord V8 gebreek.

Sy aanhangers was bang Hepburn se naweek is verby, maar dié ysterman het sy motor terug na sy tuiste in Edenvale aan die Oos-Rand gesleep, die skade herstel en dieselfde naweek aan die tweede wedren in die kam­pioenskap deelgeneem.

Sy mededingers was onder andere Damian Staffen en Darron Gudmanz in hul Ford Capri Peranas, Shaun Rudolph in sy tweeliter-MR Ford Escort, Mark Uytenbogaardt in sy Ford Fairlane V8 en Rane Berry in sy Datsun Skyline.

Daar was baie drama toe Hepburn sy Rekord inderhaas moes herstel. Hy het die monde laat oop hang toe hy in die eerste skof derde was en toe in nog twee skofte vir Gudmanz en Staffen verbygesteek het en die ronde gewen het.

Meer oor:  Port Elizabeth  |  Motorsport
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Beeld Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.