Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Metro-Suid
Hond herstel ná sy met kookwater brand

’n Hond wat onlangs vir ernstige brandwonde behandel is, is vinnig aan die herstel by Friends of Rescued Animals (Fora) in Krugersdorp.

Die teef, wat Fora intussen Billie Jean gedoop het, kon ná agt dae haar verbande vir ’n T-hemp verruil, solank sy nie haar wonde krap of byt nie. “Dis ’n jeukerige besigheid om te genees,” lui ’n Facebook-inskrywing.

Die brandslagoffer, wat intussen Billie Jean gedoop is, is vinnig aan die herstel. Foto: FACEBOOK

Dié hawe vir ongewenste troeteldiere behandel gereeld honde met ernstige brandwonde.

“Ek weet nie wie die eienaar was nie, maar ’n bekommerde buurman het die teef na ’n veearts gebring, wat toe vir ons gevra het of ons haar kan behandel,” het Linda Scrace, Fora se bestuurder, vroeër op Facebook-groep geskryf.

Die teef is glo met kookwater verbrand. Toe die hond eers onder verdowing was, het Fora haar geskeer en die wonde skoongemaak om infeksie te voorkom. Daarna het hulle die besmette en dooie vel verwyder met F10-salf en toe die “brandmengsel” (waarvan Miracle Comfrey-salf ’n bestanddeel is) op die hond gesmeer, skryf Scrace. “Die teef is op antibiotika en verdowingsmiddels en ons maak die wonde daagliks skoon.

Scrace trek daarna vir Billie Jean ’n baadjie aan, want honde wat van brandwonde herstel, kry koud. “Hulle verloor hare en vellae wat hulle gewoonlik warm hou.”

  • Mense is welkom om F10-salf, gaas, Miracle Comfrey-salf, en FlexWrap te skenk om Fora met dié gereelde taak te help. Besoek Fora se Facebook-blad vir meer inligting.
Meer oor:  Krugersdorp  |  Behandeling  |  Hond  |  Brandwonde
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Beeld Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.