Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Metro-Suid
Inwoners moet hoes vir brandstof

Die Emfuleni-munisipaliteit se geldnood dwing inwoners nou om ook vir die munisipale voertuie se brandstof te betaal sodat werkers die noodsaaklike herstelwerk kan verrig.

Só sê Christo Smith, VF Plus-raadslid in Emfuleni, in ’n mediaverklaring.

“Die inwoners van Drie Riviere, Vereeniging, wat die laaste tyd nie elektrisiteit gehad het nie, moes noodgedwonge met vragmotorbestuurders onderhandel en vir brandstof betaal om belangrike werk te doen soos om gesteelde kragkabels te vervang,” sê Smith.

Die kabels in Hexstraat, Vereeniging, is ook in November verlede jaar gesteel. Die werkers het die kabels toe tydelik bogronds gespan.

Inwoners het ook glo self die straatnaambord vervang en sny gereeld die Hexstraat-sirkel se gras.

Smith sê die VF Plus gaan die munisipaliteit versoek om kragkabels dieper onder die grond te lê wat dit moeiliker maak vir kabeldiewe om die kabels op te grawe en te steel.

“Dit is duidelik dat die gebrek aan bestuursvermoë en onbevoegde en ongekwalifiseerde amptenare die rede is vir die drastiese agteruitgang van die Emfuleni-munisipaliteit se instandhoudingstelsel.

“Dit is ’n skande dat inwoners – wat reeds vir dienste betaal wat hulle nie ontvang nie – nou verder gestraf word deur ’n stadsraad wat ’n begroting voorberei net om dienstegeld verder te verhoog.”

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Beeld Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.