Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Metro-Suid
Jhb-kliniek verbeter Ietermagô se kanse

Die lewe van sowat 90% van ietermagô’s wat uit stropers se kloue gered word, is steeds in gevaar.

Só lui ’n Facebook-inskrywing van dr. Karin Lourens, ’n veearts by die Johannesburgse hospitaal vir wilde diere.

Een van die ietermagô’s wat deur die Johannesburgse hospitaal vir wilde diere behandel word. Foto: FACEBOOK

“Ons doen onder meer ’n volledige stel bloedtoetse en abdominale ultraklank- en fekale toetse (voor ’n ietermagô in die natuur vrygelaat kan word),” skryf Lourens.

“Dit help ons om ’n individuele behandeling vir elke ietermagô uit te werk. Sedert dié diagnostiek en behoorlike kontrole geïmplementeer word, is die oorlewingsyfer vir ietermagô’s wat vrygelaat word meer as 80%.

“Uit die meer as 50 ietermagô’s wat ons in die afgelope jaar behandel het, was slegs een uit 10 se lewe nié in gevaar nie.

“Hulle het steeds binneaarse vloeistowwe en stabilisering nodig,” skryf sy.

Lourens en die dierehospitaal doen gereeld bewusmaking oor die lot van ietermagô’s en die uitdagings met die rehabilitasie van dié diere.

Kami, ’n ietermagô wat einde Julie tydens ’n geheime polisieoperasie in die Noord-Kaap gered is, het ná die tyd weens die trauma van stroping haar fetus verloor.

“Hoewel ons nie albei lewens kon red nie, sal ons daarna streef om Kami se lewe te red en haar in ’n beskermde en beveiligde wildreservaat vry te laat,” lui ’n inskrywing op die Facebook-blad Johannesburg Wildlife Veterinary Hospital.

Lourens het ook onlangs ’n video gedeel van ’n ietermagô wat weens longontsteking sukkel om asem te haal.

* Die diere word gratis behandel. Die hospitaal maak wel op die skenkings van die gemeenskap staat. Besoek die webtuiste johannesburgwildlifevet.com of die Facebook-blad vir sy bankbesonderhede.

’n Ietermago in die wild. Foto: MIKE SUTHERLAND PHOTOGRAPHY VIA FACEBOOK
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Beeld Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.