Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Metro-Suid
Karwagte slagoffers van bedrog

Tientalle karwagte van Meyerton, Midvaal, is ingeloop nadat hulle byna R20 000 betaal het om permitte te bekom.

Linda Lemley (57), hoof van die karwagte, sê meer as tien wagte is in Maart verlede jaar in hegtenis geneem omdat hulle nie die nodige sertifikate gehad het om karre op te pas nie.

“Toe ek sien hulle begin die een ná die ander wag in die kar gooi, toe hardloop ek nader. Hoor my hart, ek is die leier, ek het geweier dat my mense sonder my toegesluit word,” sê sy.

Die span trotse karwagte.

Die Meyerton-gemeenskapspolisiëringsforum (GPF) het gehelp om hulle uit die tronk te kry en die wagte is sowat 23:30 dieselfde aand weer vrygelaat.

Lemley sê die ure in die tronk was ’n nagmerrie.

“Ek is ’n 57-jarige vrou. Ek is ’n ma en ’n ouma wat die wet gehoorsaam. Ek het nog nooit in my lewe soiets ervaar nie,” sê sy.

’n Dag later het 22 wagte altesame R19 700 aan die maatskappy Esi-SA betaal om hulle te help om die eksamen van die Private Security Industry Regulatory Authority (Psira) te skryf en die nodige sertifikate te bekom.

Dié geld moes hulle by die GPF leen en sent vir sent terugbetaal.

Linda Lemley open elke dag met skriflesing en gebed vir die wagte.

Die Help Lift-netwerk in Meyerton, ’n netwerk wat gewers en mense in nood by mekaar uitbring, het selfs worsbroodjies gemaak en pannekoek gebak om die karwagte by te staan.

’n Jaar later het slegs vier van die 22 wagte hul sertifikate ontvang.

Metro-Beeld-Suid het ’n bevestiging van Psira onder oë gehad waarin hy volhou dat hy nooit die registrasiegelde vir 18 wagte ontvang het nie.

Die publikasie het in die dokumentasie gesien dat Rodney van Rensburg onder meer die faktuur uitgereik het en die eksamens gefasiliteer het.

Hy is intussen weg by Esi-SA. Van Rensburg het die bewerings per WhatsApp ontken.

Net daarna het hy egter vir Lemley laat weet hy sal betaal dat die wagte die eksamen by ’n ander kollege oorskryf.

Rienie Venter, bestuurder van Help Lift, sê sy sal dit nie daar laat nie.

“Dié wagte gaan nie nog ’n dag se vernedering beleef nie. Van hulle is leergestremd en die spanning om die toets weer af te lê, is onbeskryflik,” sê sy.

Meer oor:  Midvaal  |  Meyerton  |  Bedrog  |  Misdaad
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Beeld Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.