Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Metro-Suid
Los naam, lewer eerder dienste!

Inwoners van die Emfuleni-munisipaliteit het op Facebook te velde getrek nadat dié munisipaliteit die publiek uitgenooi het om deel te neem aan die gesprek oor die verandering van ’n straatnaam.

Luidens die openbare kennisgewing nooi die munisipaliteit die inwoners van wyk 9, 5 en 4 in Vanderbijlpark uit om op 6 Junie deel te neem aan die openbare deelnameproses om Louis Trichardt-boulevard na Palms-boulevard te verander.

Die Facebook-groep AfriForum Vanderbijlpark het die kennisgewing gedeel.

“Maak die paaie reg. Betaal Eskom en Rand Water. Waar is jul prioriteite?” vra Annetjie Smith in die kommentare.

Inwoners pleit al jare lank vir basiese dienste soos elektrisiteitsvoorsiening, vullisverwydering en die opvul van slaggate.

“Gebruik daai geld en maak ons dorp reg! Onnodige veranderinge en onnodige uitgawes,” skryf Ronel Snyman.

“Noem dit sommer Rommelstraat,” skryf Anne-Marie Lubbe. “Nie geld vir instandhouding (nie), maar het geld vir naamveranderings. Gits!”

Lourens Greyling stel voor die munisipaliteit noem dit Gatvolstraat.

’n Paar mense, soos Ursh Adams en Lyn Rademeyer, stel voor dié ontstoke gebruikers woon die vergadering by en lug hul menings daar.

Metro-Beeld-Suid het verlede jaar berig dat die munisipaliteit weens sy finansiële probleme en swak dienslewering onder gedeeltelike administrasie geplaas is.

Inwoners pleit al jare lank vir basiese dienste soos elektrisiteitsvoorsiening, vullisverwydering en die opvul van slaggate.

Boonop loop 140 miljoen tot 200 miljoen liter onverwerkte rioolafval daagliks van Emfuleni se rioolsuiweringsaanlegte en rioolpompe in die Vaalrivier-barrage in.

Dit het ook verlede jaar op die lappe gekom dat die munisipaliteit skuldig is aan R872 miljoen se onreëlmatige besteding.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Beeld Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.