Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Metro-Suid
Magaliesfees is vir almal

Verbeel jou, ’n fees wat oor drie dae by 45 verskillende bestemmings plaasvind, met byna 100 geleenthede wat daarop gemik is om aan besoekers groot pret te verskaf.

Dit is presies wat Magalies Rocks the Cradle is.

Dit is die vierde jaar dat die fees, wat einde Augustus in Magaliesburg en omgewing plaasvind, aangebied word.

Daar is voorwaar iets vir almal en is die perfekte geleentheid om dié pragtige omgewing te ontdek.

Van heerlike kos, musiekkonserte en kunsuitstallings tot unieke ervarings soos ’n boerbokskou en ’n wandeling saam met olifante.

By die Crooked Tree is 12 landskapkunstenaars in aksie en groot pryse is op die spel met die Amazing Race.

Ontmoet skilders soos Harry Erasmus of ontdek die kunstenaar in jou by Sprout & Sprocket se interaktiewe kuns-ervaring.

Jy kan selfs leer om self die beste pastei ooit te maak by Pat’s Kitchen of ’n luukse massering teen afslag kry by een van die spa’s in die omgewing.

By die Alliepad Alpakkas vind daar ’n weef-fees plaas waar daar ook verskeie slypskole aangebied word.

Staptogte en wildritte is ook op die spyskaart en by Noble Adventures kan jy selfs ’n boomtop-hindernisbaan aanpak.

By die Crooked Tree is 12 landskapkunstenaars in aksie en groot pryse is op die spel met die Amazing Race.

Het jy al ’n alpakka van naderby gesien? Besoek Alliepad Alpakkas naby Magaliesburg gedurende Magalies Rocks the Cradle. Foto: Marius Nortjé

“Die Amazing Race gaan baie groot pret wees. Dit is spesiaal so ontwerp om sakeondernemings te betrek wat nie gewoonlik by feeste aandag kry nie. Só kan deelnemers ’n groter prentjie kry van wat Magaliesburg en omgewing aan sy besoekers bied,” sê Jaco Venter, organiseerder.

Met Magalies Rocks the Cradle wil Magaliesburg se sakekamer en toerismeforum (MBTF) die dorp en omgewing as ’n naweekbestemming bekend stel en terselfdertyd die plaaslike gemeenskap bemagtig.

“Vanjaar is baie meer kleinsakeondernemings betrokke wat nie noodwendig in die toerisme-afdeling val nie. Die MBTF wil juis al ons lede te bevoordeel en ons ekonomie te laat groei,” sê Liza Venter van die MBTF.

  • Die fees is van 23-25 Augustus. Die meeste geleenthede is gratis, maar waar dit wel iets kos, kan kaartjies deur die fees se Facebook-blad of webblad gekoop word. Oor die naweek sal ’n kaart en ’n inligtingstuk by agt verskillende inligtingstalletjies te kry wees.
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Beeld Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.