Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Metro-Suid
Meisies hou koppe hoog in Skotland

Kiera Floyd (14) van die Oos-Rand het vroeër vandeesmaand in die tweede ronde van die uitspeelwedstryde in die R&A-gholfkampioenskap vir amateurmeisies uitgeval.

Floyd het saam met Caitlyn Macnab (17), ook ’n Oos-Rander, en Jordan Rothman (16) van die Wes-Kaap aan die kampioenskap in Panmure, Skotland, deelgeneem.

Die twee Oos-Randers Caitlyn Macnab (links) en Kiera Floyd in Panmure, Skotland. Foto: GOLFRSA

Macnab en Rothman het teen hul eerste teenstander verloor.

Rothman het teen die Australiër Kirsten Rudgeley verloor en Macnab het teen Julia Lopez Ramirez van Spanje verloor.

Floyd het Lizzy Peeters van Nederland in die eerste ronde op die 19de putjie gewen.

“Die stryd tussen Kiera en Lizzy was ’n wipwaentjierit en hulle was tot die 18de putjie gelykop, maar Kiera het die wedstryd op die 19de putjie met ’n voëltjie beklink,” sê Sally Greasley, voorsitter van Suid-Afrikaanse vrouegholf.

Sy het egter die wedstryd teen Paula Schulz-Hanssen van Duitsland verloor, deels omdat sy teen die wind baklei het.

Greasley sê Macnab het ook teen die wind baklei terwyl haar teenstander oënskynlik gemaklik voort gespeel het.

Rothman het die Suid-Afrikaanse amateurkampioenskap twee jaar gelede gewen en sy het verlede week tot die eindronde van die junior ope op die St. Andrews Links Old Course in Skotland deurgedring.

“Sy het ’n baie goeie temperament en ons het verwag dat sy goed sal vaar, maar sy was nogal siek toe sy die baan betree het,” sê Greasley.

“Cat (Macnab) en Jordan het albei hard probeer, maar Jordan was baie naar en sy het maagkrampe gehad en Cat kon nie veel doen teen ’n opponent wat bloot beter as sy gespeel het nie.”

Greasley sê sy is ongelooflik trots op die drie se prestasie in Skotland.

“Ons het geweet die kaliber gholfers waarteen ons meegeding het sou vir ’n taai wedstryd sorg.

“Ons is almal teleurgesteld dat ons nie die kwarteindronde gehaal het nie, maar die spelers kan hul koppe hoog hou.” – Lali Stander

Meer oor:  R&A-Gholfkampioenskap  |  Caitlyn Macnab  |  Kiera Floyd  |  Oos-Rand  |  Gholf  |  Jip  |  Skolesport
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Beeld Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.