Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Metro-Suid
Metro hou Soweto-sone vir entrepreneurs oop

Die Johannesburg-metro het Sondag sterk ontken dat hy ’n bemagtiging­sone vir entrepreneurs in Soweto wil toemaak.

Die metro het ’n dringende mediaverklaring uitgestuur nadat die Gautengse provinsiale regering op sosiale media beweer het die metro wil die sone toemaak en klein sakeondernemings in die gebied wegjaag.

“Daar is geen gronde vir die bewerings nie en dit is jammer dat die premier se kantoor sulke aantygings maak sonder om die inligting te bevestig,” sê Leah Knott, burgemeesterskomiteelid vir ekonomiese ontwikkeling, in die verklaring.

“Ons bevraagteken of die stellings werklik uit kommer spruit en of dit eerder die plan was om politieke guns ten koste van dienslewering te kry,” sê Knott.

Die metro het die sone geskep om entrepreneurskap onder inwoners van Soweto te versterk.

“As deel van die administrasie se doelwit om die ekonomie teen 2021 met 5% te laat groei, het ons ’n sterk fokus op die ondersteuning van klein sakeondernemings geplaas,” sê Knott.

Die metro het ook maande voordat hy die geleentheidsentrum opgeknap het met die sakeondernemings gekommunikeer om alternatiewe reëlings vir dié tyd te tref.

“Die aantygings dat ons mense uitsit, is ongegrond en vals.”

Sy erken die metro sukkel met onwettige besetting by die sone. Dit spruit uit ’n kontrak wat die vorige ANC-beheerde administrasie met ’n subkontrakteur, The Business Place, aangegaan het om die ondernemings te bestuur.

Die subkontrakteur het glo nie sy mandaat vervul om entrepreneurs te ondersteun nie en die huidige administrasie het die kontrak beëindig.

Daar bestaan nou ’n geleentheidsentrum om die entrepreneurs te ondersteun.

“Ná die kontrak beëindig is, het die metro uitgevind die maatskappy het dele van die gerief sonder toestemming onderverhuur. Die huurders het ophou betaal, maar steeds op die perseel aangebly,” sê Knott.

Toe hy verder ondersoek instel, het die metro besef talle sakeondernemings doen sonder huurkontrakte sake of hulle betaal nie hul huurgeld nie.

Die ondernemings is individueel geoudit en dié waarby die gemeenskap baat, is aangeraai om vir ’n huurkontrak aansoek te doen.

Die metro het ook maande voordat hy die geleentheidsentrum opgeknap het met die sakeondernemings gekommunikeer om alternatiewe reëlings vir dié tyd te tref.

Die sentrum beslaan egter net ’n relatiewe klein deel van die bemagtigingsone en die meerderheid sakeondernemings kon nog sake hier doen.

  • Die metro werk saam met die volgende instansies om dienste aan entrepreneurs te bied: Die Suid-Afrikaanse inkomstediens, die Kommissie vir Maatskappye en Intellektuele Eiendom, Innovation Hub, Produc­tivity SA, die kleinsake- ontwikkelingsagentskap, die Suid-Afrikaanse Instituut vir Geoktrooieerde Rekenmeesters Absa, TUHF, GenAfrica, Dis­covery en Smart Procurement World.
  • Benewens die sentrum in Soweto, is daar soortgelyke sentrums in Klipfontein, Alexandra, die middestad, Montclare, Roodepoort, Orange Farm en Diepsloot.
  • Werksoekers kan hier aanklop.
  • Sake-inligting en -raad.
  • Assesserings, ontledings en ontwikkelingsplanne.
  • Seminare in bestuursopleiding, insluitend finansiële geletterdheid, bemarking, verkope en bedryfsbestuur.
  • Raad oor belasting en boekhouding, insluitend sake-registrasie, nakoming van belastingverpligtinge, finansiële advisering en ouditering.
  • Werksessies, vergaderingsplekke, internet en WiFi teen ’n gesubsidieerde maandelikse tarief of teen ’n eenmalige tarief;
  • Hulp met aansoeke om finansiering.
  • Ondernemingsontwikkeling.
  • Hulp met verskaffers.
Meer oor:  Johannesburg-Metro  |  Soweto  |  Entrepreneurs
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Beeld Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.