Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Metro-Suid
Metro’s en munisipaliteite hef jonges op
In die Emfuleni-munisipaliteit is die Bophelong-gemeenskapsentrum verlede week geopen. Kinders en bejaardes sal hierby baat vind. Die gemeenskapsentrum (foto) bestaan uit ’n sentrum vir vroeë kinderontwikkeling, ’n dienssentrum en ’n gebou vir maatskaplike werk.Foto’s: FACEBOOK
Bongani Baloyi, burgemeester van die Midvaal-munisipaliteit, het ter viering van Jeugmaand 14 beurse aan leerlinge in dié gebied gegee. Dié leerlinge sou dit nie andersins kon bekostig om te studeer nie. Baloyi het ook op ’n ander geleentheid sowat 500 jong mense toegespreek en hulle aangemoedig om die vierde nywerheidsrevolusie te benut om oplossings te vind waarby hul gemeenskappe sal baat vind.
Die Johannesburg-metro het jeugmaand gevier deur 60 jong toerisme-ambassadeurs vir ’n tydperk van drie jaar aan te stel. Dié jonges sal nou by verskeie toerismebestemmings in die Goudstad gestasioneer word om toeriste se ervarings te verbeter. Hulle word ook opgelei in toerisme-inligting, gehaltediens, kliëntediens, kommunikasievaardighede, konflikhantering, regulasies, padveiligheid en patrollering. Foto: FACEBOOK
Ter viering van Jeugmaand het die Ekurhuleni-metro vroeër vandeesmaand vir 13 jong mense professionele kameras en fotografietoerusting gegee om hulle te help om hul fotografieloopbane op koers te kry. Die metro gaan ook vir hulle gevorderde fotografiekursusse aanbied, lui sy inskrywing op Facebook. In die foto staan Marleen du Plessis langs haar versameling foto’s wat tans in die Springs-kunsgalery uitgestal word. Sy hou haar nuwe kamera in die hand.
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Beeld Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.