Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Metro-Suid
Mnr. & Mej. Kansa se oë op nasionale titels

Die groot droom van albei wenners in vanjaar se Mnr. en Mej. Kansa-kompetisie is om eendag as die mooiste in die land aangewys te word.

Karmia Postma, Mej. Kansa 2019. Foto: Marius Nortjé

Karmia Postma (23) van Randburg en Roan Gonsalves (19) van Krugersdorp is Vrydagaand in die Silverstar-casino in Krugersdorp as die agtste Mnr. en Mej. Kansa gekroon.

Dit was omtrent ’n aand van stiletto’s, chiffon en krone – ’n rekordgetal van 112 inskrywings is ontvang en ekstra stoele moes vir gaste uitgepak word, sê Elmarie Nolte van Oxygen Models en een van die organiseerders.

“Dit was die grootste Kansa-kompetisie nog,” sê sy.

“Ons is baie trots en dankbaar vir al die borge wat die geleentheid moontlik gemaak het, veral Silverstar wat die venue gratis verskaf het.”

Dat die kompetisie ten bate van die Kankervereniging van Suid-Afrika aangebied is, was juis Postma se beweegrede om deel te neem.

“Ek het twee dae voor die kompetisie eers besluit om in te skryf,” sê dié deeltydse BCom-student in haar tweede jaar aan Unisa en balletonderwyser van Randburg.

“Toe ek sien dat die kompetisie vir ’n goeie doel is, het ek besluit om vir die pret deel te neem. Ek is baie verras dat ek gewen het. Ek het dit vreeslik baie geniet.”

Postma gee balletklasse by die Russian School of Ballet in Parkhurst, waar sy self ook dans.

Roan Gonsalves, Mnr. Kansa 2019.

Volgende jaar gaan sy beslis haar naam in die hoed gooi om as Mej. Suid-Afrika gekroon te word, sê sy.

Gonsalves, wat soos Postma by Vogue Catwalk Models modelwerk doen, sê die loopplank is waar hy op sy heel gemaklikste voel. Sy droom is om oor so twee of drie jaar aan die Mnr. Suid-Afrika-kompetisie deel te neem en daarna Mnr. Wêreld aan te pak.

Nou werk hy egter eers as tweedejaarstudent kliphard aan sy BCom-studies aan die Noordwes-Universiteit in Potchefstroom.

Gonsalves is ook as die besgeklede man aangewys.

Kopano Montoed is die eerste prins en Kopano Moathlodi die tweede prins, terwyl Nompumelelo Mazhangu as die eerste prinses en Kelly Winter as die tweede prinses aangewys is.

Meer oor:  Krugersdorp  |  Randburg
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Beeld Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.