Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Metro-Suid
’n PhD ‘is nie (slimfoon)speletjies’

’n Student aan die Noordwes-Universiteit (NWU) se Vanderbijlparkkampus het pas sy doktorsgraad in slimfoonspeletjies verwerf.

Dylan Price (26) speel vir so lank as wat hy kan onthou videospeletjies en dié tydverdryf het hom pas ’n doktorsgraad in ekonomiese en bestuurswetenskappe met bemarkingsbestuur besorg.

Dylan Price tydens sy gradeplegtigheid.

Sedert hy sy eerste Sega-videospeletjies gekry het, is Price mal oor videospeletjies, vertel hy.

Jy misgis jou as jy dink dit was maklik om dié PhD te verwerf. Price se raad aan enigeen wat dit oorweeg om vir ’n PhD in te skryf, is om gereed te wees om elke naweek 18 ure te werk.

“Dit is ook belangrik om jou promotors met oorleg te kies. Hulle maak die wêreld se verskil. Myne het vir seker,” sê hy.

Sy studie het die voorwaardes gemodelleer wat verseker dat die spelers van Generasie Y lojaal teenoor sekere handelsname bly.

Price se studie het ’n strukturele model voorgestel wat die invloed van bevrediging, uitdaging, speletjie-identifikasie en die vloei van selfoonspeletjies meet.

Die studie het voortgebou op die navorsing wat Price vir sy meestersskripsie gedoen het. Dit gee waardevolle insig aan organisasies wat selfoonspeletjies as ’n platform gebruik om die welgestelde generasie Y te bereik.

Price het sy BCom in sportbestuur by dié kampus verwerf. Hy het sowel sy honneurs- as meestersgraad met onderskeiding hier verwerf.

Hy was tydens sy studiejare deel van die NWU se onderrig- en navorsingsassistenteprogram.

Hy het reeds twee artikels in erkende internasionale joernale gepubliseer.

Ná sy troue in Desember 2018 het Price en sy gesin hulle in George in die Wes-Kaap gevestig. Hier bestuur hy die digitale bemarkingsafdeling van ’n konsultasiefirma. 

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Beeld Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.