Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Metro-Suid
Nories se hokkie floreer dié seisoen

Die Hoërskool Noordheuwel in Krugersdorp beleef ’n besonderse jaar op die hokkieveld. Die skool neem aan verskeie reekse, ligas en toernooie deel.

Een van die hoogtepunte was die NWU-Puk-reeks, waaraan al die A- en B-spanne deelgeneem het.

Ses van die skool se tien seuns- en meisiespanne het hul afdelings gewen.

Die Hoërskool Noordheuwel se eerste meisieshokkiespan, wat die eerste plek in die NWU-Puk-reeks, die ligawedstryde en in die Noordvaal-toernooi behaal het.

Twee spanne het derde gekom.

Die Nories is uiteindelik as die hokkieskool van die reeks aangewys.

Die A- en B-spanne het ook aan die liga deelgeneem. Agt van die skool se hokkiespanne het hul afdelings gewen.

Al die skool se A-spanne het boonop vir die Noordvaal-toernooi gekwalifiseer.

Vier van dié spanne het die kwarteindrondes gehaal.

Die eerste seunspan het derde in die toernooi geëindig en vir die eerste keer in die toernooi se geskiedenis het die Nories se eerste meisiespan die toernooi gewen.

Nie minder nie as 21 meisies en vyf seuns is boonop in die verskeie Suid-Gautengse spanne opgeneem.

Verder word Martiné de Bruin in die Suid-Afrikaanse o.18 A-span opgeneem en Charmé Kruger in die o.17 HP-groep.

Volledige posisies:

  • Die eerste seunspan het ’n derde plek in die NWU-Puk-reeks, ’n tweede plek in die ligawedstryde en ’n derde plek in die Noordvaal-toernooi behaal.
  • Die eerste meisiespan het ’n eerste plek in die NWU-Puk-reeks, die ligawedstryde en in die Noordvaal-toernooi behaal.
  • Die tweede meisiespan het ’n vyfde plek in die NWU-Puk-reeks en ’n eerste plek in die ligawedstryde behaal.
  • Die o.16 A-seunspan het ’n sewende plek in die NWU-Puk-reeks behaal, ’n eerste plek in die ligawedstryde en ’n 10de plek in die Noordvaal-toernooi.
  • Die o.16 A-meisiespan het ’n derde plek in die NWU-Puk-reeks en ’n tweede plek in die ligawedstryde behaal. Die span was ook in die top agt van die Noordvaal-toer­-nooi.
  • Die o.16 B-meisiespan het ’n eerste plek in die NWU-Puk-reeks en die ligawedstryde behaal.
  • Die o.15 A-meisiespan het ’n eerste plek in die NWU-Puk-reeks en die ligawedstryde behaal.
  • Die o.15 B-meisiespan het ’n eerste plek in die NWU-Puk-reeks en ’n tweede plek in die ligawedstryde behaal.
  • Die o.14 A-seunspan het ’n eerste plek in die ligawedstryde behaal en 12de in die Noordvaal-toernooi geëindig.
  • Die o.14 A-meisiespan het ’n eerste plek in die NWU-Puk-reeks en die ligawedstryde behaal. Die span was ook in die top agt van die Noordvaal-toernooi.
  • Die o.14 B-meisiespan het ’n eerste plek in die NWU-Puk-reeks en die ligawedstryde behaal.
Meer oor:  Hoërskool Noordheuwel  |  Nwu-Puk-Reeks  |  Hokkie  |  Jip  |  Skolesport
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Beeld Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.