Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Metro-Suid
Redakteursbrief: Jeanelle sê totsiens

Ek het op 7 Februarie 2018 – die eerste uitgawe wat ek aan die stuur van Metro-Beeld-Suid was – op die voorblad oor die krag- en rommelprobleme in dié streek berig.

Dit is bykans ’n jaar en ’n half later en dit blyk die probleme in Emfuleni het vererger. ’n Mens moet seker nie verbaas wees nie – dié probleme het lank voor my termyn al bestaan.

Ek het dit egter gepas gevind om my laaste uitgawe met ’n opvolgberig oor dié streek se lot af te sluit.

Ek tree einde Augustus as die redakteur van dié streekkoerant uit.

Trouens, ’n nuwe hoofstuk lê vir die bylaag voor. Metro-Beeld-Suid smelt saam met Metro-Beeld-Noord om die nuwe, lywiger, Metro-Beeld te vorm.

In wese beteken die naamsverandering eintlik dat dié groter streekkoerant plaaslike nuus van al die gebiede in Gauteng sal bevat.

Dit sal steeds op Woensdae as ’n bylaag van Beeld in Johannesburg, die Vaaldriehoek, die Oos- en Wes-Rand versprei word, asook in Pretoria en omliggende gebiede.

Die voorbladfoto is die mees gepaste weerspieëling van dié oorgang: Hoewel die son op ’n vorige era sak, beteken dit allermins ’n donker pad lê voor. Die son kom immers weer op en bring vernuwing. Dis hoe ek die koerant se oorgang graag beskou.

Ten slotte is ek dankbaar vir al die waardevolle lesse wat ek in die tydperk by dié streekkoerant geleer het. Ek waardeer die sonsondergang op die tyd van my lewe, maar sien ook uit na die sonsopkoms wat die toekoms inhou.

Metro-groete,

Jeanelle

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Beeld Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.