Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Metro-Suid
Riebeeckrander in ATKV-eindronde
Werner Gabriël

Werner Gabriël, ’n gr. 11-leerling aan die Hoërskool Riebeeckrand in Randfontein, het vroeër vandeesmaand ’n eerste plek in die kwarteindronde van die ATKV-redenaarskompetisie behaal.

Werner het met dié puik prestasie in die addisionele taalafdeling na die eindronde van die kompetisie deurgedring.

Dié ronde vind op 2 Augustus by die ATKV Goudini-spa in Rawsonville in die Wes-Kaap plaas.

Dit is vanjaar die eerste keer dat Werner na die nasionale eindronde deurdring.

“Hy is opgewonde en sien daarna uit om Riebeeckrand met trots te gaan verteenwoordig,” sê Elzeri Wright, die skool se woordvoerder.

Dit is die sewende keer dat ’n Riebeeckrander na die nasionale eindronde van dié redenaarskompetisie deurdring.

Meer oor:  Atkv  |  Randfontein  |  Skole  |  Kultuur
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Beeld Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.