Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Metro-Suid
Riebies is 8ste keer in nasionale korfbalspanne

Dit is die agtste jaar dat die leerlinge en personeellede aan die Hoërskool Riebeeckrand in Randfontein in Suid-Afrikaanse korfbalspanne opgeneem is.

Chanéy Lindner en Chiané Visagie, wat albei nasionale korfbalspelers is.

Chanéy Lindner, ’n trotse personeellid van Riebeeckrand, is in die nasionale korfbalspan vir senior vroue opgeneem en Chiané Visagie, ’n gr. 10-leerling aan dié skool, is in die nasionale korfbalspan vir o.17’s.

Lindner en Visagie was albei in die Wes-Randse span wat in die skoolvakansie aan die Suid-Afrikaanse toernooi in Pretoria deelgeneem het.

Hulle is ná afloop van die toernooi tot die onderskeie SA-spanne verkies.

Albei spelers speel van jongs af korfbal.

Dit is ook die agtste jaar wat hulle elkeen tot ’n nasionale korfbalspan verkies is.

Hul vertoonwedstryde is op 9-10 Augustus in Durban.

Meer oor:  Randfontein  |  Skolesport
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Beeld Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.