Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Metro-Suid
Twee werkers van Merafong weens VBS geskors
VBS Mutual Bank

Twee werknemers by die Merafong- plaaslike munisipaliteit word ondersoek weens hul beweerde betrokkenheid by die skandaal oor die beleggings by VBS Bank.

Daar word glo ondersoek of daar prima facie-bewyse is teen Martha Chauke, finansiële hoof, en Thys Wienekus, bestuurder van begroting en tesourie, lui ’n mediaverklaring van die DA.

Die party sê hy verwelkom die vordering, maar is bekommerd dat dié amptenare dalk deur senior ANC-politici gedwing is om die skuld te aanvaar.

“Die DA het al twee keer aansoeke ingevolge die Wet op die Bevordering van Toegang tot Inligting (Paia) gemaak dat die Wes-Randse distriksmunisipaliteit ’n afskrif van die forensiese verslag oor die onwettige beleggings met VBS Bank aan ons stuur,” lui die verklaring.

“Die versoek is albei kere geweier, wat aandui daar is iets wat die ANC nie wil hê die publiek moet weet nie.”

Volgens die DA het Maphefo Letsie, burgemeester van Merafong, beplan om die munisipale bestuurder te skors, waarna hy uitgetree het.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Beeld Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.