Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Metro-Suid
Valia spog met talle sportsterre

Die Hoërskool Transvalia in Vanderbijlpark in die Vaaldriehoek het die laaste tyd vir ’n rits prestasies in verskeie sportsoorte gesorg.

Ederich Snyman van die Hoërskool Transvalia is die beste junior seunsatleet in die Vaaldriehoek.

Landloop

Die skool se landloopspan het die Vaaldriehoek-liga, wat by die Hoërskool Drie Riviere in Vereeniging gehou is, gewen.

Benewens die feit dat Transvalia die algehele wenner was, het die junior meisiespan, die junior seunspan en die senior seunspan almal die tweede plek behaal.

Die span senior meisiesatlete was heel eerste uit 18 deelnemende skole in die liga.

Die seuns was die algehele wenner op grond van die puntetellings van al die byeenkomste.

Ederich Snyman (14) is as die beste junior seunsatleet in die Vaaldriehoek aangewys.

Snyman het daarna aan die Distrik 8-kampioenskap deelgeneem en hier ook ’n eerste plek in sy afdeling behaal. Vervolgens het hy na die Gautengse kampioenskap deurgedring, wat op 31 Augustus by die Phoenix High School in Vereeniging gehou word.

Shané Dimond, Jenna du Bruyn, Taréne Labuschagne en Danike Perelaer het na die D8-kampioenskap deurgedring en sal nou ook aan die Gautengse kampioenskap deelneem.

Dimond, die nuwe kaptein, het ’n goue medalje in die afdeling vir o.16-meisies behaal.

Du Bruyn het ’n goue medalje in die afdeling vir o.17-meisies behaal.

Labuschagne het ’n silwermedalje in die afdeling vir o.17-meisies behaal. Perelaer het ’n bronsmedalje in die afdeling vir o.17-meisies behaal.

Transvalia se gholfspan. Voor, van links, is Nerike Bosch en Megan Calitz. In die middel is Walter Berrington (afrigter), Martin Papworth, Aiden Leeb, Rudie Haasbroek en Ethan Vrey. Agter is Michael Lamont, JP van Dyk, Erich Blome, Juan van den Berg, Durandt Theunissen en Henré Proctor.

Gholf

Valia se gholfspan het vroeër vandeesmaand uitstekende gholf op die Vaal de Grace-landgoed gespeel en ná ’n lang seisoen die Vaaldriehoek-hoërskolegholfliga gewen. Die liga het reeds in Februarie begin.

Dit is die vierde agtereenvolgende jaar wat Valia dié liga wen.

Valia het die seisoen met ’n voorsprong van meer as 50 punte bo hul naaste teenstander, die Hoërskool Dr. Malan van Meyerton, opgebou.

Die beste spelers was Rudie Haasbroek met ’n telling van 66 – ses houe onder die baansyfer; Aiden Leeb met ’n telling met van 70 – twee houe onder die baansyfer; asook Ethan Vrey en JP van Dyk, wat albei ’n telling van 75 – drie houe meer as die baansyfer behaal het.

Valia dring dus vir die vierde jaar agtereenvolgens deur na die eindronde van die Noordvaal-toernooi en die Suid-Afrikaanse-hoërskoletoernooi.

Die Hoërskool Transvalia se o.14A-netbalspan. Voor, van links, is Marinda Grobler (afrigter), Ann-Marie Gouws (kaptein), Megan van Schalkwyk, Megan Vermeulen (onderkaptein) en Zeané Smith (afrigter). In die middel is Jani du Preez, Gretay Mayers, Danika du Plessis, Carmen Roets, Ashley Visser, Chantelle Bekker en Marilé Tönsing. Agter is Lee-Andrie Engelbrecht, Lisa Wille, Marli van Wyk, Ezelle van Aswegen en Bianca Erwee.

Hokkie

Drie van Valia se meisiespanne – die o.14A’s, die o.15A’s en die o.16A’s – het die Suid-Gautengse D8-grootskole-liga gewen. Die o.14’s en o.15’s het toe na die Noordvaal-uitspeelwedstryde in Krugersdorp deurgedring en die o.16’s se uitspeelwedstryde was in Ermelo.

Die o.14’s het die Hoër Tegniese Skool Witbank van Mpumalanga in die poelwedstrydfase met 3-1 geklop. Daarna het die meisies die Pretoriase Hoërskool Waterkloof met 1-0 geklop en vir Kempton Park van Ekurhuleni met 3-0.

In die kwarteindstryd het Valia vir Lichtenburg van Noordwes met 2-1 gewen. Die span het ook vir Nelspruit in die halfeindstryd met 2-0 geklop en uiteindelik die Afrikaans Hoër Meisieskool van Pretoria met 1-0 geklop.

Die span was dus die Noordvaal-wenners.

Die o.15’s moes tydens die poelwedstrydfase die knie buig voor die Hoërskool Dr. E.G. Jansen van Ekurhuleni. Die Jansies het met 1-0 gewen.

Die o.15-span het met 5-0 teen die Pretoriase Hoërskool Garsfontein verloor. In die kwarteindstryd het die span ’n gelykoptelling van 0-0 teen Marais Viljoen van Ekurhuleni be- haal.

Die o.16’s het die Hoërskool Hugenote van Ekurhuleni in die poelwedstrydfase met 8-0 geklop. Die span het ook vir Eldoraigne van Centurion met 3-1 geklop en daarna vir Kempton Park met 4-2 geklop. In die kwarteindstryd het die span Marais Viljoen met 2-0 geklop.

Die span het in die halfeindstryd 2-0 teen die Hoërskool Pietersburg verloor.

Die o.16’s het 5-2 teen Garsfontein verloor en vierde geëindig.

Meer oor:  Hoërskool Transvalia  |  Vanderbijlpark  |  Skolesport  |  Landloop  |  Hokkie  |  Gholf  |  Sport  |  Jip
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Beeld Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.