Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Metro-Suid
Vandale verwoes Vanderbijl-parkie

Vanderbijlparkers het op Facebook uitgevaar nadat ’n groep vandale die afgelope naweek ’n speelparkie op die hoek van Theal- en Stockleystraat erg beskadig het.

“Die parkie is skoongemaak en opgeknap, net om deur die boewe gevandaliseer te word,” skryf Sandra Doyle op die Facebook-blad AfriForum Vanderbijlpark.

Die gemeenskap van Vanderbijlpark het ’n speelparkie op die hoek van Theal- en Stockleystraat onlangs opgeknap en skoongemaak. ’n Groep vandale het die naweek al die werk onklaar gemaak.Foto: FACEBOOK

Doyle bied ’n beloning van R500 vir enigiemand aan wat inligting kan gee wat tot die oortreders se inhegtenisneming sal lei.

Haar inskrywing en meegaande foto’s het sowat 200 reaksies op Facebook ontlok.

“Dis hoekom ons nooit, soos in Europa, mooi parke in ons dorp kan hê nie. Mense soos dié het geen respek vir hul medemense wat dit so mooi gemaak het vir almal om te geniet nie. Julle klomp losers. Kom vorentoe, sê jammer en maak reg!” skryf Michael en Vanessa Peels.

Talle ander Facebook-gebruikers het die oortreders uitgejou. Sommiges het geëis dat die skuldiges die skade ten aanskoue van die gemeenskap moet herstel.

Die inwoners van die dorp span gereeld saam om hul dorp skoon te maak en op te knap.

Metro-Beeld-Suid het op 17 Julie berig oor ’n ander speelparkie wat die gemeenskap in Vanderbijlpark opgeknap het. ) Indien jy inligting het oor die vandalisme in die park op die hoek van Theal- en Stockleystraat, kan jy Anton by 084 684 7000 bel.

Meer oor:  Vanderbijlpark  |  Vandalisme
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Beeld Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.