Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Metro-Suid
Wen kaartjies na beraad oor rykdom

Twee topverkoper-outeurs is onder die sprekers wat eersdaags vir Gautengers gaan help om ’n beter finansiële posisie te handhaaf.

Lisa Nichols is een van die sprekers by die Wealth Masters Tour Summit wat op 7 en 8 September by die Sandton-konferensie-sentrum gehou word.

Lisa Nichols, skrywer van Abundance Now: Amplify Your Life & Achieve Prosperity Today, en Robert Kiyosaki, skrywer van die topverkoperboek Rich Dad Poor Dad, sal die gehoor op 7 en 8 September by die Wealth Masters Tour Summit by die Sandton-konferensiesentrum toespreek.

Verskeie welgesteldes gaan vir Suid-Afrikaners vertel hoe om ware rykdom te bou en dit te behou.

Benewens Nichols en Ki­yosaki, sal Sandy Jadeja, wat vyf ineenstortings in die mark voorspel het, Conray Labuschagne, ’n kenner van bitcoin en kriptogeld, Robin Banks, ’n motiverende spreker oor die vermoë van jou brein, die sprekers by die spitsberaad wees.

Kaartjies kos van R1 995 vir ’n basiese kaartjie tot R59 997, wat ’n eksklusiewe ete saam met Kiyosaki en Nichols insluit.

Kry jou kaartjie by wealthmastersza.com.

  • Vyf lesers kan elk twee kaartjies vir dié spitsberaad ter waarde van altesame R3 990 wen. Stuur ’n e-pos na metro@beeld.com. Tik Wealth Summit in die onderwerpveld. Onthou om jou naam en van, asook jou kontaknommer en woonbuurt/dorp by te voeg.
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Beeld Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.