Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Veilings
Afrika-kunsveiling in Londen gaan voort
Gerard Sekoto se Two Women and a Baby wat tussen £30 000 en £50 000 op Sotheby’s se veiling kan haal. Foto: Sotheby’s

Sotheby’s se verkoping van moderne en kontemporêre Afrikakuns gaan voort op 25 Maart in Londen, ondanks die feit dat die veilingshuis talle van sy veilings weens die koronavirus-pandemie uitgestel het.

Die komende verkoping sluit in meer as 100 werke van kunstenaars oor die Afrika-vasteland het, asook die diaspora.

Die hoogtepunt op die veiling is ’n vroeë skildery deur die Nigeriese meester Ben Enwonwu. Tot onlangs toe was die vroulike onderwerp van die skildery slegs bekend as die Nigeriese prinses, maar by nadere inspeksie het die spesialiste van Sotheby’s ingewikkelde detail opgemerk wat hulle laat vermoed dat dit prinses Judith Safinet “Sefi” Atta kan wees.

Die sitter se bloes is van Okene-lap gemaak, wat deur die Ebira-vroue in Sefi se tuisdorp vervaardig is. Nadat Hannah O’Leary, hoof van moderne en kontemporêre Afrikakuns by Sotheby’s, Sefi se dogter die kunstenaar Obi Okigbo gekontak het, het sy genoem dat haar ma Enwonwu goed geken het. “Toe ek die foto van die skildery gesien het, het dit gevoel asof ek na ’n portret van myself kyk,” het sy gesê. “Die familie-ooreenkoms is merkwaardig.”

Die vroeë skildery deur die Nigeriese meester Ben Enwonwu, wat na verwagting vir tussen £200 000 en £300 000 op Sotheby’s se komende Afrika-kunsverkoping in Londen gaan verkoop.Foto: Sotheby’s

Dit is die eerste keer dat die werk, wat in 1953 geskilder is, op ’n veiling verkoop gaan word. Dit was al die jare in die besit van ’n familieversameling van ’n prominente akademikus en skrywer van Wes-Afrika.

Die skildery het onder Sotheby’s se aandag gekom nadat die huidige eienaar ’n gratis waardasie op Sotheby’s se aanlyn platform aangevra het.

Dit het ’n voorveilingsberaming van tussen £200 000 en £300 000.

O’Leary sê dit is stories soos dié wat haar werk so ’n groot plesier maak. “Nie net het ons op ’n vroeë skildery van Enwonwu afgekom nie, maar ook ’n treffende storie oor Sefi ontdek.”

Die verkoping gaan ook verskeie pionierswerke deur Irma Stern insluit, wat haar lewenslange soeke na inspirasie op die Afrika-vasteland en Europa boekstaaf.

Dié skilderye is verlede maand as deel van ’n uitstalling, Irma Stern: A Life Well Travelled, by die Irma Stern-museum in Kaapstad uitgestal.

Ander Suid-Afrikaanse kunswerke op die veiling sluit in Gerard Sekoto se Two Women and a Baby, wat na verwagting vir tussen £30 000 en £50 000 kan verkoop.

Meer oor:  Sotheby’S  |  Veiling  |  Veilings  |  Kuns
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Beeld Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.