Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Veilings
Aspire maak in Mei sy debuut in Frankryk

Ná die dawerende sukses van sy onlangse baanbreker-Afrika-kunsverkoping saam met die Franse veilingshuis Piasa in Kaapstad, gaan Aspire Art Auctions in Mei vanjaar sy debuut in Parys in Frankryk maak.

Op 14 Mei gaan Aspire Art Auctions in ’n tweede vennootskap met Piasa ’n versameling kontemporêre kuns van Suid-Afrika en die res van die vasteland in die Franse hoofstad aanbied. Die veilingshuise glo dat die strategie om kuns uit Afrika aan ’n Europese gehoor te bied, die Suid-Afrikaanse en Afrika-kunsmarkte verder kan help transformeer. Terwyl dit die globale aptyt en waardering vir Afrikakuns kan help ontwikkel, kan die dinamiese inisiatief ook stewige resultate vir Suid-Afrikaanse versamelaars oplewer.

Ruarc Peffers, besturende direkteur van Aspire Art Auc­tions, sê die veilingshuis is verheug om sy vennootskap met Piasa voort te sit en die internasionale mark vir Afrikakuns verder te ontgin. “Ons plaaslike kliënte sal die strategiese voordeel om kuns in die hart van die internasionale markte te verkoop, hoog op prys stel.”

Aspire Art Auctions het al sedert 2016 die Suid-Afrikaanse kunsveilingsmark omgekeer deur nuwe sektore binne die kontemporêre kunsmark te ontgin. Hy het onder meer begin om ondergewaardeerde swart kunstenaars deur middel van ’n Pan-Afrika-aanbieding aan ’n wêreldwye gehoor te bemark.

Meer oor:  Frankryk  |  Boer  |  Landbou
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Beeld Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.