Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Veilings
Bie knus tuis op als en nog wat

Met die koudste weer tot dusver hierdie week het binne bly nog nooit beter gelyk nie.

En om jou te vermaak bied die Pretoria-tak van Old Johannesburg Warehouse Auctioneers nog ’n wonderlike veiling.

Dié Casino Royale-masjien is een van die artikels wat opgeveil word.
’n Rare Nederlandse 18 eeuse vertoonkas met 12 Kutani orde is word die naweek deur die Pretoria-tak van Old Johannesburg Warehouse Auctioneers van die hand gesit. Foto:

Môre en Sondag het die veilingshuis ’n ongelooflike verskeidenheid artikels van 1 000 lotte op sy aanlyn platform beskikbaar.

Die eerste veiling begin môre om 09:00 met lotte 1 tot 650.

Dit bevat fantastiese Engelse en plattelandse meubels, Africana-meubels, Nederlandse en Franse meubels, pragtige silwer, AngloBoereoorlog- en spoorweg-aandenkings, goue en ZAR-munte, staanhorlosies, tapyte, militêre aandenkings en klassieke speelgoed.

In hierdie reeks is ook ’n wonderlike verskeidenheid tradisionele en kontemporêre Suid-Afrikaanse kuns ingesluit deur mense soos Frans Claerhout, Clement Serneels, Allan Hallett, William Kentridge, Deborah Bell, Peter Bonney en John Meyer.

Wees ook op die uitkyk vir die 300 lotte juwele, asook horlosies.

  • Die Sondag-sessie begin om 10:00. Dit bevat ’n reeks items wat veilinggangers ure lank besig sal hou. Van die lotte is nog fantastiese munte en banknote, Anglo-Boereoorlog-aandenkings, glasware, versamelstukke, keramiek en interessante meubelstukke. Die besigtiging geskied vandag by Lynnwoodweg 160, Hillcrest, Pretoria, van 09:30 tot 16:30. Die veilingskatalogus kan aanlyn besigtig word op die webwerf www.oldjwauctioneers.com.

Vir meer inligting kontak die Pretoria-tak by 060 795 8545 of stuur ’n e-pos aan pretoria@ oldjwauctioneers.com.

Meer oor:  Veilings
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Beeld Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.