Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Veilings
Dié aanlyn veiling is die plek as jy kar soek

Park Village Auctions (PVA) gaan eerskomende Woensdag nog ’n groot aanlyn voertuigveiling aanbied vanweë ’n aanvraag na gehalte- gebruikte motors.

Opeenvolgende vlae van die koronaviruspandemie het plaaslik en wêreldwyd langdurige inperkings genoodsaak, wat tot ’n tekort aan nuwe, ingevoerde voertuie in Suid-Afrika gelei het.

Laatmodelle van gehalte- gebruikte motors is in aanvraag en Park Village Auctions gaan eerskomende Woensdag ’n groot voorraad opveil.

Gevolglik wend kopers hulle tot motorveilings waar teruggeneemde voertuie van goeie gehalte verkrygbaar is, sê Clive Lazarus van PVA.

Volgens Lazarus toon PVA se onlangse verkoopsyfers die bewys van ’n stygende vraag na tweedehandse voertuie: “Die pryse wat by ons vorige veilings gehaal is, is merkbaar hoër as ’n jaar gelede.

“Ná feitlik 40 jaar in hierdie bedryf, sodra ons hierdie neiging gewaar, is dit óf omdat die vraag die voorraad oortref óf vanweë aansienlik hoër pryse vir nuwe voertuie. In die huidige ekonomiese klimaat ondervind ons albei neigings.”

Die jongste TransUnion-data weerspieël hierdie bevindings en toon dat verkope van gebruikte voertuie in die eerste kwartaal van 2021 met 7,4% gestyg het, vergeleke met dieselfde tydperk verlede jaar.

’n Mediavrystelling saam met die resultate lui: “Die kombinasie van lae rentekoerse en lae inflasie was onvoldoende om verbruikers te lok om nuwe voertuie te koop; die vraag na gebruikte voertuie van gehalte het hoog gebly.”

Lazarus sê dat onder sodanige omstandighede verkies kopers veilings bo ander metodes om nuwer voertuie te verkry as gevolg van verskeie redes:

  • Veilingpryse is konsekwent laer as pryse by handelaars;
  • Baie laatmodel- teruggeneemde voertuie het volledige diensplanne;
  • Kopers beheer hul besteding deur slegs tot by hul voorafbepaalde perk te bie; en
  • Finansiering van leidende instellings soos Absa-voertuigfinansiering, BMW se finansiële diens en Standard Bank se voertuig- en batefinansiering is regstreeks verkrygbaar deur PVA se aanlyn platform.

Lazarus sluit af: “Die verskeidenheid onder een dak is die deurslaggewende voordeel. Kopers hoef nie tyd te mors om rond te gaan en aanbiedings te vergelyk nie.

“Ons het ’n groot verskeidenheid fabrikate en modelle om by elke smaak te pas, van beginner-luikrugmotors tot ligte handelsvoertuie, 4X4’s en luukse sportnutsvoertuie.”

PVA se landwye aanlyn veiling begin op Woensdag 14 Julie om 10:30. Die beskikbare bates is landwyd geleë, met besigtiging op Dinsdag 13 Julie van 09:00 tot 16:00 by die volgende PVA-takke:

  • Johannesburg: Mainweg 221, Martindale;
  • Durban: Quarry Place, Queen Nandi-rylaan, River Horse Estate; en
  • Bloemfontein: Op die hoek van die R64 en Valenciaweg, Waterbron.

Vir meer inligting, skakel gerus 011 789 4375, e-pos auc­tions@parkvillage.co.za of besoek www.parkvillageauctions.­co.za.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Beeld Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.