Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Veilings
Droogskoonmaak-en-klerewas-saak en inhoud opgeveil

Park Village Auctions (PVA) vra botte vir die hele inhoud van ’n droogskoonmaak-en-klerewas-saak in Kya Sands (Randburg, Gauteng) wat in sakeredding is.

Volgens Morné Parkinson van PVA verteenwoordig die veiling ’n wonderlike geleentheid om toegang tot ’n lopende onderneming te kry.

PVA vra botte op droogskoonmaak- en klerewas-toerusting wat voortspruit uit ’n lopende onderneming in sakeredding.

“Die toerusting, geriewe en al die voorbereidingswerk bestaan reeds. Al wat benodig word, is nuwe bestuur en hierdie onderneming het die potensiaal om weer welvarend te wees.”

Was- en droogtoerusting bestaan uit allerlei tuimeldroërs van 23 kg en 50 kg wat as een lot verkoop sal word, ’n vastelugdroër en verskeie wasmasjiene van 22 kg, 23 kg, 57 kg en 100 kg wat as een lot verkoop sal word.

Die volgende toerusting sal onder die vaandel van die droogskoonmakery verkoop word: Tullis-droogskoonmaakmasjiene, ’n C2 Modular 440 Perc Mec Vantage 440-koolwaterstof-droogskoonmaakmasjien, ’n Fini Cube 10 SD-skroefkompressor, ’n opvangtenk van 0,05 m³, ’n GDS Diesel 500 KVA-kragopwekker met AMF, en ’n Consolidated Water-watersuiweringstelsel.

Pers- en afwerkingtoerusting behels ’n stoompers met strykysters, ’n persvormafwerker en ’n skoonmaak- en afwerkstasie van Sidi Mondial, asook ’n stoompers, afwerkingstaanders en ’n afwerkingstafel van Forenta.

Oorblywende bates sluit in ’n hanger-reling-stelsel van ongeveer 80 m lank, ’n sakbereider met trapwerkende verseëler, ’n Rabbit-termo-heelmaakmasjien, ’n Jensen Jenroll Exp800-rolyster met ’n Jenfold Classic-voumasjien, ’n John Thompson- 10 ton-ketel, waterbehandelingsversagter, ’n kondensaat-teruglooptenk-verkoeltoring, ’n Christy Boilers- 3 ton diesel- of paraffien-aangedrewe ketel, plastiekwasgoedkarretjies op rolwiele, 1,6 m hoë staalwasgoedhokke en staalwerktafels.

“Die bates verteenwordig die saak as ’n lopende onderneming,” sê Parkinson. Hy voeg by: “As sodanig bestaan die keuse om ’n bruikhuurooreenkoms met die verhuurder te sluit.”

Die bates kan op Maandag 19 Julie van 09:00 tot 15:00 besigtig word by Staalstraat 22, Kya Sands, Randburg.

Botte moet ingedien word op die amptelike PVA-dokumente nie later nie as Vrydag 23 Julie om 12:00. Boddokumente is verkrygbaar by www.parkvillageauctions.co.za onder webverwysing 778. Vir meer inligting, bel gerus vir Parkinson by 082 778 6003.

Meer oor:  Park Village Auctions  |  Veilings
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Beeld Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.