Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Veilings
Erwe by Vaaldam te koop vir ontwikkel

Ubique Afslaers bied op 15 April ’n eiendomsveiling wat nie gemis moet word nie.

28 eiendomme in die Vaal View-eiendomsontwikkeling kom onder die hamer. Die ontwikkeling is geleë teen die Vaaldam, op die R54 tussen Vereeniging en Villiers.

Daar is 25 ontwikkelingserwe wat opgeveil word. Die grootte wissel tussen 4 170 m² en 9 454 m². Op die spyskaart is ook ’n kleinhoewe van 14,1 ha en twee eiendomme met verbeteringe. Deel 52 se verbeteringe bestaan uit ’n woonhuis met drie slaapkamers, ’n badkamer, sitkamer en kombuis, asook ’n stoorkamer. Deel 81 se verbeteringe bestaan uit ’n lodge met 12 slaapkamers, kombuis, raadsaal en onthaalarea.

Daar is ook ’n onderdakswembad. Die hoofwoning bestaan uit ’n slaapkamer, badkamer, kombuis, sitkamer en onderdakpatio. Dit beskik ook oor ’n stoorkamer en voertuigafdakke. Die gemeenskaplike gebou beskik oor 16 slaapkamers, vyf aparte toilette, vier individuele storte en ’n klein kombuis. Daar is ook ’n boorgat. ’n Wooneenheid vir die opsigter/bestuurder is ook beskikbaar

Om ’n eiendom in die ontwikkeling te besit, bied aan die eienaar die geleentheid om dit in ’n groeneiendom te omskep onafhanklik van die basiese munisipale dienste en elektrisiteit. Deel 83 is ideaal om te verbeter tot ’n leefstyl-kleinhoewe aangrensend aan die R54.

Die veiling vind 10:00 op die perseel plaas.

  • Bel Anton Engelbrecht by 082 789 2772 vir meer inligting of besoek ubique.co.za.
’n Kaartvoorstelling met van die eiendomme wat onder die hamer gaan. Foto:
Meer oor:  Veilings  |  Eiendomme  |  Vaaldam
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Beeld Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.