Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Veilings
Goeie kopie naby Tukkies en Affies

Met ’n uitstekende, uiters stil Boshoffstraat-adres en letterlik agt minute se stapafstand na die Brooklyn-winkelsentrum kan mens vir seker nie hier verkeerd gaan om sonder twyfel jou kleim af te steek nie.

Boonop voel dit vir ’n mens of jy in die natuur leef met ’n direkte uitsig op een van die Austin Roberts-voëlpark se natuurlike damme en waar jy gerieflik uit jou leefareas kan sit en kyk hoe die bokkies, skilpaaie en eksotiese voëls letterlik direk oorkant jou voorstoep gereeld kom water drink.

Die vooraansig van die huis.

Wat ’n voorreg en veral die aktiewe voëlkyker en natuurliefhebber sal hierdie eiendom beslis volpunte gee.

Hierdie lekkerleef-woning met sy baie sentrale ligging is verder binne 2 tot 3,5 km se ryafstand na van Pretoria se mees prominente hospitale, Unisa, Tukkies, Affies, Boys High en die Laerskool Anton van Wouw.

Sy ruim, gesellige leefareas vloei aaneen en die eetkamer loop met ’n dubbele glasdeur na die agtertuin, waar mens heerlik onder die groot bome kan kuier en vleisbraai hou.

Verder is Magnoliadal met sy speelparkie en lekker wandelpaadjies ’n skrale twee minute stapafstand weg waar jy, jou kinders en honde na hartelus kan baljaar en van al daardie oortollige energie kan ontslae raak.

Die tuin met al sy bome.

Mens kan ook baie maklik bo-op die bestaande veilige onderdak- dubbele parkeerruimte ’n houtdek opsit met ’n pragtige, onbelemmerde uitsig oor die natuurreservaat en Pretoria se mooi sonsondergange geniet.

Die drie slaapkamers met ingeboude kaste het parketvloere, die hoofslaapkamer het sy eie badkamer en die ander twee slaapkamers deel die tweede badkamer. ’n Hek kan maklik en koste-effektief in die gang aangebring word om die slaapkamervleuel veilig snags af te sluit.

Die prakties en goed toegeruste kombuis met granietafwerkings en soliede houtkaste het ook ’n aparte hoekie vir jou wasmasjien en skottelgoedwasser.

Die tuin met al sy bome.
Die sitkamer.
Een van die slaapkamers.
Die kombuis.

Dit is selde dat ’n koper in hierdie gesogte woonbuurt ’n eiendom kan bekom vir onder die R2 000 000-merk en hierdie eiendom is geprys om vinnig te verkoop, so kom loer gerus in as jy ’n ernstige koper is.

Die huis is Saterdag op skou tussen 11:00 en 14:30, met aanwysers van Dey-, Cameron- en Boshoffstraat. Alle Covid-19-protokols word streng gevolg.

  • Adres: Boshoffstraat, New Muckleneuk
  • Prys: R1 998 000
  • Erfgrootte: 800 m²
  • Huisgrootte: ongeveer 200 m²
  • Agent: Heiberg Estates. Kontak Bambie Heiberg by bambie@heibergestates.com of skakel haar by 083 654 3773.
Meer oor:  Huisgids  |  Eiendomme
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Beeld Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.