Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Veilings
Koop en woon of bemark vir huurinkomste

Twee eiendomme word later vandeesmaand deur Rawson Auctions in Parklands opgeveil.

Die eerste is ’n moderne, veilige drieslaapkamerhuis in die blaarryke Helmsley-singel.

Dié vrystaande eiendom beslaan 351 m² met ’n onderdakgrootte van 127 m² en spog met al die eienskappe van ’n moderne gesinswoning.

Die drieslaapkamerwoonstel in die Colchester Park-kompleks bied die ideale sluit-en-ry-leefstyl.

Dit bestaan uit drie slaapkamers, elk met ingeboude kaste en ’n gelamineerde houtvloer.

Die hoofslaapkamer het ’n en suite-badkamer en daar is ’n toegeruste gesinsbadkamer.

Daar is ook ’n ruim oopplan-sit-en-eetkamer en ’n goed toegeruste kombuis met ’n gasstoof, granietblaaie en ingeboude kaste.

Die hoofslaapkamer is groot genoeg en ’n dubbelbed en lessenaar sal maklik inpas. Die kamer het ook groot patio-deure wat na die swembad lei. Die huis word baie goed in stand gehou, met luukse en moderne afwerkings. Afgesien van die slaapkamers, is die vloere regdeur geteël. Buite is daar ’n swembad, ’n versorgde tuin, ’n dubbelmotorhuis, veilige parkeerplek vir twee ekstra voertuie, ’n groot stoep met ’n ingeboude braaier wat toeganklik is via skuifdeure van die sit-en-eetkamer.

Die drieslaapkamerhuis in Helmsley-singel in Parklands het ’n uitsig oor die buitelugarea en die swembad.

Wat die veiligheid betref, is daar ’n alarmstelsel, diefwering, noodknoppie, afstandbeheerde toegang tot die motorhuis en geslotekringkameras in die straat. Inwoners van die woonbuurt dra elk R100 per maand by tot die instandhouding van hierdie kameras.

Die eiendom kan maklik R15 000 per maand aan huurinkomste oplewer. Dit is uitstekend, in ag genome die lae reserweprys van R1,9 miljoen.

Die tweede eiendom is ’n drieslaapkamerwoonstel in die Colchester Park-veiligheidskompleks.

Dié woonstel beslaan 93 m².

Buiten die slaapkamers, is daar twee badkamers, ’n oopplan-sit-en-eetkamer en ’n ruim, volledig toegeruste kombuis met ’n toonbank en ingeboude kaste.

Die woonstel bied die ideale sluit-en-ry-leefstyl en het een aangewese parkeerplek.

Dit het ’n meter vir voorafbetaalde water en elektrisiteit en dit is gereed vir veselkabelinternet. Aangesien dit in ’n kompleks geleë is, is dit ook baie veilig met 24 uur- gewapende reaksie en beheerde toegang by die voorste toegangshekke. Die eiendom is ideaal vir ’n gesin of ’n werkende paartjie wat een van die slaapkamers as kantoor wil benut. Met ’n reserweprys van R1 250 000 kan dié eiendom ’n uitstekende toevoeging tot enige portefeulje lewer.

Rawson raam dat dit maandeliks minstens R10 000 tot R11 000 aan huurinkomste kan oplewer.

“Albei eiendomme is modern, maar warm en veilig, dog welkom, goed in stand gehou en elegant afgewerk. Dit is in ’n veilige woonbuurt en kompleks met maklike toegang tot winkels en skole geleë. Hulle is boonop ook baie bekostigbaar,” sê Tanya Jovanovski, konsessiehouer van Rawson Auctions Wes-Kaap.

Albei eiendomme word op 28 April 12:00 opgeveil. Die verwagte openingsbod vir die losstaande huis is R1 850 000 en vir die woonstel R1,2 miljoen.

  • Vir meer inligting, skakel 079 980 3457 of stuur e-pos na tanya.auctions@rawson.co.za of besoek die webwerf instantproperty­.co.za.
Meer oor:  Huurinkomste  |  Eiendom  |  Veilings
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Beeld Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.