Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Veilings
Kuns te kies en keur

Strauss & Co se Junie-veiling van moderne, naoorlogse en eietydse kuns, sierkuns en wyn sluit in ’n indrukwekkende lys skilderye van twee belangrike korporatiewe versamelings.
Sam Nhlengethwa se Woman with Basketmet ’n geraamde waarde van R30 000 tot R50 000, is een van die kunswerke wat deur Strauss & Co opgeveil word.
Sam Nhlengethwa se Woman with Basketmet ’n geraamde waarde van R30 000 tot R50 000, is een van die kunswerke wat deur Strauss & Co opgeveil word.

Die een bied ’n unieke oorsig van Kaapse wynmakery en sy tradisies. Die ander is ’n belangrike versameling van Suid-Afrikaanse vroue- botaniese kunstenaars. Die veiling vind slegs aanlyn plaas en bied ’n aansienlike lys kuns, insluitend belangrike foto’s en keramiekwerk, asook ’n tematiese wynsessie wat op Stellenbosch se beste wynmakers fokus.

Die aanlyn veiling begin Maandag 31 Mei en eindig Maandag 7 Junie om 20:00.

Strauss & Co is bevoorreg om ’n belangrike enkeleienaar-versameling botaniese skilderye en afdrukke van sommige van die belangrikste Suid-Afrikaanse vroue- botaniese kunstenaars, onder wie Thalia Lincoln, Auriol­ Batten, Barbara Jeppe en Gill Condy, wat die inwonende kunstenaar aan die Suid-Afrikaanse Biodiversiteitsinstituut in Pretoria van 1982 tot haar onlangse aftrede was. ’n Besondere glanspunt van die plantkunssessie is die 11 oorspronklike waterverfskilderye deur Ellaphie Ward-Hillhorst, geskilder vir die 1994-monografie oor die aalwynagtige genus Gasteria, geskryf deur Ernst van Jaarsveld, ’n internasionaal erkende deskundige oor vetplante. Hierdie samewerking tussen plantkenner en kunstenaar was ’n betekenisvolle mylpaal in destydse botaniese publikasies in Suid-Afrika.

Ander merkwaardige lotte sluit in Batten se treffende Scadoxus­ puniceus, algemeen bekend as die poeierkwaslelie (geraamde waarde R3 000 tot R5 000 stuk) en drie pragtige skilderings van irisse deur Jeppe (geraamde waarde R3 000 tot R5 000 stuk).

Ná die suksesvolle veiling in April van ’n deel van werke wat uit die KWV-versameling onttrek is, gaan Strauss & Co nog ’n besending werke uit hierdie versameling naoorlogse skilderye, wat spruit uit die Kaapse streek, sy landskap, mense en bedrywe, bied.

Die KWV-versameling sluit in Carl Bu¨chner se Red Interior (geraamde waarde R35 000 tot R50 000), een van twee olieverfskilderye deur hierdie romantiese humanis en student van Maurice­ van Essche. 15 sketse en waterverfskilderye deur François Krige beeld verskeie wynmaak-werksaamhede, soos ploeg en druiwepluk, asook Kaapse landskaptonele, uit.

Ander kunstenaars wat deel is van hierdie besending sluit in David Botha, Herbert Coetzee, Llewellyn Davies, Pranas Domsaitis­, Zakkie Eloff, Amos Langdown, Kobus Louw, Alexander­ Rose-Innes, Edward Roworth en Gordon Vorster.

In ’n oorsig van die kunsaanbieding van die naderende veiling het Wilhelm van Rensburg, hoofkurator en senior kunsspesialis van Strauss & Co, ’n aantal kunswerke deur eietydse kunstenaars uitgelig wat werd is om deur versamelaars oorweeg te word.

Dit sluit in Sam Nhlengethwa se 2005-collage op papier Woman with Basket (geraamde waarde R30 000 tot R50 000) en vyf onlangse waterverfskilderye deur Colbert Mashile. Dié skilderye (geraamde waarde R5 000 tot R8 000 stuk) van 2020 vertoon ’n lewendige kleurpalet en verteenwoordig ’n nuwe rigting teenoor Mashile se vroeë, eerste onderwerpe – drie puik voorbeelde gedateer ongeveer 2007-’08 is ook in hierdie veiling ingesluit (geraamde waarde R15 000 tot R24 000 stuk).

Besoek straussart.co.za vir meer inligting.

Meer oor:  Kunswerke  |  Veiling
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Beeld Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.