Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Veilings
Meenthuis naby Vaalrivier te kry

Park Village Auctions (PVA) gaan volgende week ’n netjiese dubbelverdieping-meenthuis in Drieriviere in Vereeniging op ’n veiling verkoop.

Die netjiese dubbelverdieping-meenthuis in Drieriviere, Vereeniging, wat volgende week deur Park Village Auctions op ’n veiling verkoop gaan word.

Dié meenthuis in die Athlone Manor-landgoed op die hoek van Athlone- en Orange-rylaan, is ideaal vir ’n jong gesin, sê Jaco du Toit van PVA. Dit is ook ’n hanetree vanaf die Vaalrivier geleë.

Dit is ’n vrystaande eenheid met ’n ingangsportaal, ’n sitkamer, ’n eetkamer, ’n gesinskamer, ’n kombuis, ’n waskamer, ’n kroegarea, vier slaapkamers, drie badkamers en ’n gaste-kleedkamer. Daar is ook ’n dubbelmotorhuis, ’n motorafdak en ’n plonspoel.

Du Toit sê Athlone Manor is ’n luukse residensiële landgoed met talle geriewe wat ideaal is vir ’n jong gesin wat wil nesskop.

Dit is naby aan die River Square-winkelsentrum, die Midvaal private hospitaal en verskeie skole.

Die eiendom het maklike toegang tot die R59-hoofweg.

Die veiling word op 23 Maart om 11:00 op die perseel gehou. Dit kan die vorige dag van 13:00 tot 16:00 besigtig word. Meer inligting is beskikbaar by www.parkvillageauctions.co.za.

Vir alle veilingverwante inligting, bel vir PVA by 011 789 4375.

Meer oor:  Park Village Auctions  |  Vaalrivier  |  Veiling  |  Eiendomme
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Beeld Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.