Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Veilings
Naweek lange koop-plesier
auction hammer

Volgende naweek verbyster Old Johannesburg Warehouse Auctioneers kopers met een van die grootste versamelings pragmeubels wat OJW tot nog toe opgeveil het.

1 700 lotte kom oor drie dae onder die hamer. Vrydag om 10:00 is 350 lotte uit die private boedel van die sportjoernalis wyle Toy Mostert te koop.

Die res van die naweek se aanlyn veiling bestaan uit 650 lotte wat Saterdag vanaf 09:00 verkoop word en ’n verdere 650 lotte wat Sondag ook vanaf 09:00 opgeveil word. Bieërs kan uitsien na meubels wat africana-, kontinentale en Oosterse stukke insluit, asook retrostukke en meubels van die middel 20ste eeu.

Daar is ook silwer-, goue en ZAR-munte, militêre aandenkings, tapyte en Oosterse keramiek, asook tradisionele en kontemporêre kuns. Wees ook op die uitkyk vir die 300 lotte juweliersware, wat Victoriaanse, art nouveau-, art deco-, antieke en moderne stukke insluit. Daar is pragtige ringe, oorbelle, halssnoere, hangertjies en armbande, om nie eens van ’n verskeidenheid los en gesertifiseerde diamante te praat nie.

  • Die veilingskatalogusse kan op oldjwauctioneers.com of die app besigtig word. Vir meer inligting, skakel 011 836 1560 of stuur e-pos na info@oldjwauc­tioneers.com.
Meer oor:  Afslaer  |  Eiendom  |  Veiling
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Beeld Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.