Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Veilings
Pragstuk op reuse-erf in Constantia te kry

’n Driedubbelgroot herehuis in die hartjie van Constantia, met die omvang van ’n ambassadeurswoning, gaan opgeveil word. Die woning van 3 000 m² groot is nog nie heeltemal voltooi nie. Gevolglik bied dit ’n buitengewone geleentheid vir ’n oordeelkundige belegger om hierdie meesterstuk met sy eie persoonlike flair en ontwerp te voltooi.

Hierdie byna voltooide woning bied groot veelsydigheid met sy meer as ruim verblyf en keuses vir lewenswyse en leefstyl. Die eiendom is in die hartjie van Constantia op ’n erf van 9 490 m² geleë met ’n ononderbroke uitsig oor die wingerde in die rigting van Constantianek en die omliggende berge. Die eiendom is geleë in ’n welige bosryke area aangrensend aan die De Hel-natuurarea, ’n pragtige reservaat wat ’n riviervallei en inheemse woud aan die laer oostelike hang van Tafelberg beskerm.

In die lig van die grootte van die huis (3 000 m²), is die slaapkamers, ontvangskamers en onthaalareas ruim met hoë plafonne en dit kry volop natuurlike lig. Die afwerkings herinner aan dié van luukse, welvarende villas.

Die eiendom se onthaalareas spog met ’n rookkamer wat uit die sitkamer loop, biljartkamer, ’n binnenshuise rolprentteater, ’n sonbadkamer, borrelbad, stoomkamer, ’n buitenshuise vyfster-onthaal-binnehof en tuishuisies.

Die ingangsportaal, wat na ’n groot sitkamer met ’n kaggel lei, is driedubbele grootte met ’n sierlike dubbeltrap wat aan weerskante van die muur opgaan. Wat die ontvangskamers betref, het die woning ook formele dubbele sitka­mer­areas met stapeldeure, ’n hoofsitkamer wat uitkyk oor die pragtige wingerde en berge, ’n eetkamer en ’n studeerkamer uit die musiekkamer. Die kombuis is groot en het ’n opwasplek, waskamer en spens.

Daar is vyf slaapkamers met en suite-badkamers en vloerverhitting. Al die slaapkamers kyk oor die wingerde en berg uit, met ’n klein see-uitsig van die balkonne af en deur groot, netjiese vensters.

Die eiendom se onthaalareas spog met ’n rookkamer wat uit die sitkamer loop, biljartkamer, ’n binnenshuise rolprentteater, ’n sonbadkamer, borrelbad, stoomkamer, ’n buitenshuise vyfster-onthaal-binnehof en tuishuisies.

Buite is die pragtige, welige, boomryke tuin, asook buitegeboue soos huiswerkersverblyf met ’n en suite-badkamer, chauffeurskamer met ’n en suite-badkamer, huishoudstersverblyf met ’n en suite-badkamer, ’n waghuis, dubbel-motorhuis, sesmotor- motorhuis, ’n binne- en buitenshuise swembad, swembadhuisie, tennisbaan en ’n binnehof met ’n waterfokuspunt.

Die skilderagtige tonele wat net van die eiendom af sigbaar is, is byna ontsagwekkend mooi.

“Dit sal moeilik wees om die grootsheid van hierdie eiendom in woorde te beskryf. Mense wat belang stel, word sterk aangeraai om te bespreek om die eiendom te besigtig.”

Die eiendom word op 29 Julie om 12:00 opgeveil. Indien jy aanlyn bie verkies, moet jy eers registreer by www.instantproperty.co.za. Vir navrae stuur ’n e-pos aan tanya.auctions@rawson.co.za of skakel 079 980 3457.

Meer oor:  Constantia  |  Veilings
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Beeld Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.