Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Veilings
Trek net in by dié een

’N Pragtige tweeslaapkamer- semi-losstaande huis in Woodstock word op 26 Mei opgeveil.
Woodstock
’n Uitsig van die ingang na die bekoorlike tweeslaapkamerhuis in Woodstock, Kaapstad.

Die eiendom spog met ’n reserweprys van R2,5 miljoen en ’n verwagte openingsbod van R2,2 miljoen.

Tanya Jovanovski, konsessiehouer van Rawson Auctions Wes-Kaap, wat die veiling behartig, sê die huis is ideaal vir eerste kopers.

“As jy dit as ’n belegging koop, sal dit baie maklik wees om die eiendom te verhuur. Dit kan verhuur word aan studente of professionele mense.”

Die eiendom kan, indien verhuur, maklik R12 000 per maand aan huurinkomste oplewer. Die huis is op ’n erf van 160 m² geleë en bestaan uit twee slaapkamers, ’n gesinsbadkamer, ’n oopplan-sitkamer, eetarea en volledig toegeruste kombuis. Van die kombuis het jy toegang tot die buitekant, waar jy ’n goed versorgde tuin en ’n wingerdbedekte afdak oor ’n skadu-stoep en braai-area vind. Die huis is in ’n puik toestand en benodig min opknappings, indien enigsins.

Soos baie Woodstock-huise is die plafonne hoog en daar is ’n oorvloed van natuurlike lig. Daar is ook kaggels in die sitkamer en die hoofslaapkamer. Die eiendom is besonder modern in vergelyking met sommige van die ander gerestoureerde Victoriaanse huise wat die boonste deel van Woodstock uitmaak.

Die byderwetse argitektoniese styl is een van die redes waarom Woodstock so gewild is, maar dit is nie die enigste rede waarom Woodstock ’n fantastiese area is om in te leef nie. Nog ’n groot pluspunt is ’n buitengewone gunstige­ ligging. Die voorstad is geleë teen die hange van Duiwelspiek en bied ’n fantastiese uitsig oor die Kaapstad-hawe en die see. Waar die huis geleë is, vind jy pragtig gerestoureerde Victoriaanse huise, soos die betrokke eiendom, wat jou sal herinner aan sy naburige voorstad, Observatory, wat ’n groot voordeel vir Woodstock is.

Die eiendomme is baie bekostigbaar en gevolglik bewoon jong professionele mense die huise in groot getalle.

  • Dit, saam met die nabyheid van die middestad, die V&A Waterfront en ’n oorvloed van geriewe, nabygeleë openbare vervoerroetes en eklektiese kafees en restaurante, maak van Wood­stock ’n buitengewoon gewilde voorstad. Vir meer inligting skakel 079 980 3457 of stuur e-pos na tanya­.auctions@rawson.co.za of besoek die webwerf instantproperty­.co.za.
Meer oor:  Woodstock  |  Veilings  |  Eiendomme
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Beeld Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.