Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Veilings
Veiling spog met wye keuse

Hierdie naweek verras die Pretoria-tak van Old Johannesburg Warehouse Auctioneers met nog ’n wonderlike veiling wat spog met ’n ongelooflike verskeidenheid artikels op hul aanlyn platform.

Met Moedersdag om die draai kan jy dalk op iets spesiaal afkom as ’n geskenk vir die vrou in jou lewe.

’n 18de eeuse Engelse eikehout linnekas kom onder die hamer. Foto:

Die veiling van net meer as 650 lotte begin op Saterdag 8 Mei om 09:00. Bieërs kan uitsien na fantastiese meubels wat insluit Franse stukke, Africana, Oosterse stukke en wonderlike moderne stukke uit die middel van die 20ste eeu deur ikoniese ontwerpers soos Charles en Ray Eames, Alessandro Albrizzi en Joe Colombo.

Daar is ook pragtige silwer, fantastiese goue en ZAR-munte en -note, militaria, ’n verskeidenheid pragtige tapyte en Oosterse keramiekstukke.

’n 18-karaat-witgoud-oorbelstel met wit glanspêrels met 12 ronde geslypte diamante is van die items wat die naweek deur Old Johannesburg Warehouse Auctioneers se Pretoria-tak opgeveil word. Regs: ’n 18de eeuse Engelse eikehout-linnekas kom onder die hamer.

Hierdie reeks bevat ook ’n wonderlike verskeidenheid tradisionele en kontemporêre kuns. ’n Pragtige grootskaalse Sydney Kumalo-brons, Stretching Nude, is hier die middelpunt.

Wees ook op die uitkyk vir die 250 lotte pragjuwele tussenin – Victoriaanse, Art Nouveau-, Art Deco-, antieke en moderne stukke wat ringe, oorbelle, halssnoere, hangertjies en armbande bevat. Los edelstene (sitroene, kwarts, robyne, saffiere, ens.) en los en gesertifiseerde diamante is ook beskikbaar. Vir die horlosieversamelaars is daar Rolex, Omega, Tag Heuer en meer te koop.

Antieke kontinentale vuursteenslotgewere met mahonie-handvatsels wat onderskeidelik 42 cm en 51 cm lank is, word opgeveil.

Die besigtiging is vandag tussen 09:30 en 16:30.

Die katalogus kan besigtig word op www.oldjwauction­eers.com of die app. Bieëry is reeds oop. Vir meer inligting skakel 060 795 8545 of stuur ’n e-pos aan pretoria@oldjwauctioneers.com.

Meer oor:  Veilings  |  Kuns  |  Opgeveil
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Beeld Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.