Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Veilings
Veiling van joernalis se boedel

Die private boedel van wyle Bernardus (Toy) Mostert, ’n bekende sportjoernalis, word vandag deur Old Johannesburg Warehouse Auctioneers van die hand gesit.
opgeveil
’n Vernis Martin Franse bedkassie is een van die items uit wyle Bernardus (Toy) Mostert se private boedel wat vandag onder die hamer kom.

Mostert, skrywer van Rugby en Veldslag: Franse Toer 1967, het onder meer ook gehelp om die loopbane van die sokkerhelde Jomo Sono en Kaizer Motaung, asook die kampioen-swaargewigbokser Gerrie Coetzee te bou.

Toe hy afgetree het, het hy sy tyd bestee aan die versamel van Suid-Afrikaanse boeke, skaars porselein, kuns, antieke meubels, Lalique-kristal, silwer en skaars wyne.

Die 350 lotte van die boedel word vandag van 10:00 af opgeveil.

Old Johannesburg Warehouse Auctioneers hou ook twee ander veilings die naweek.

Saterdag se veiling bestaan uit 650 lotte wat om 09:00 begin en ’n verdere 650 lotte word Sondag om 09:00 opgeveil.

Volgende naweek kan bieërs uitsien na die Paarl-tak se tweede veiling met asemrowende meubels, klokke, munte, juweliersware, kuns en meer.

Die veilingskatalogusse kan aanlyn besigtig word op www.oldjwauctioneers.com of op die app.

Vir meer inligting, skakel 011 836 1560 of stuur ’n e-pos na info@oldjwauctioneers.­com.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Beeld Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.