Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
FAK gee Afrikaans meer skop

DIE Federasie van Afrikaanse Kultuurverenigings (FAK) wat verlede Donderdag (11/06) verskeie Bloemfonteinse kultuurikone vereer het, bestuur verskeie projekte wat die Afrikaanse taal, kultuur en geskiedenis bewaar en bevorder.

Só is hy besig met die samestelling van ‘n nuwe liedjiebundel “wat ‘n hele paar verrassings gaan inhou met Beeskraal en Chris Chameleon as beskermheer en ambassadeurs,” sê Charlie Smidt, bemarking- en mediabeampte van die FAK.

’n Internetmuseum vir Afrikanergeskiedenis is opgerig as ’n naslaanbron vir die jeug oor Afrikaners se verhale, simbole, belangrike datums tot tradisies. Kyk by www.afrikanergeskiedenis.co.za.

Ter viering van Afrikaans 90 is ’n nuwe roos, Afrikaans, laat kweek. Die Afrikaans-roos simboliseer die taal deur die volgende eienskappe: die kleur oranje getuig van liefde en warmte. Dit is ’n sterk roos wat maklik wortel skiet. Hoe meer dit gesnoei word, hoe sterker groei dit. Vir meer inligting kyk by www.fak.org.za.

Die Bloemfonteiners wat deur die Federasie (FAK) vereer is, is Karel Schoeman, Corrie Scheepers, Maretha Maartens, Josias Swanepoel, Kobie Colditz en ds. Retief Botha

Kontak Bloem Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.