Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Hou griep, verkoue só op afstand

DIT is winter en verkoues en griep vier hoogty.

Hoe steek jy aan?

Verkoue en griep word deur druppeltjies tydens ’n hoes of nies versprei.

’n Mens steek aan wanneer jy dié druppels inasem of kontak het met ’n oppervlak wat daarmee besmet is.

Hoes en kieme op hande is die algemeenste maniere waarop die virusse versprei.

Wenke ter voorkoming

Was gereeld jou hande om te voorkom dat jy jou aansteek en ander aansteek wanneer jy siek is. Handsteriliseerders met ’n alkohol-basis is doeltreffend om jou hande te ontsmet.Volg ’n gesonde leefstyl ter voorkoming daarvan.Vermy uiterste temperatuur­wisselings, want dit beskadig die slymvliesweerstand van jou lugweë. Sit altyd ’n ketel of bak water voor ’n verwarmer of kaggelvuur sodat die lug vogtig bly. Moenie verwarmers uitermatig warm stel nie.Bedek jou mond en neus as jy nies en hoes.Maak jou lessenaar gereeld skoon.Vermy persone met simptome van griep en verkoue.

Lesers volg dié rate

Op Bloemnuus se Facebook-blad het lesers mildelik raad gegee om verkoue te probeer voorkom en hoe om dit die wyk te laat neem as dit toegeslaan het.

Albie de Witt: Jägermeister werk goed.Helena Steyn: As jy hom voel kom, drink koeksodawater drie keer ’n dag. Die water moet drinkbaar warm wees.Dikeledi Sobane: Neem soveel knoffel moontlik in.Magda Mostert Van Eeden: Bly in die bed! Gooi nog komberse op. As daar krag is, onthou die elektriese kombers. Drink warm koffie of sop, lees en luister radio

Kontak Bloem Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.