Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
ABO-veiling op Onze Rust gehou

’n Veiling van Anglo-Boereoorlog-aandenkings word vir 24 September op die Onze Rust-landgoed buite Bloemfontein beplan.

Jackie en adv. Colin Steyn het besluit om die veiling op Erfenisdag te hou en ’n deel van die opbrengs gaan aan Volksblad, moederkoerant van Bloemnuus, se Ons gee Om-fonds. Dit val ook saam met die 120ste herdenking van die uitbreek van die Anglo-Boereoorlog (ABO).

Die veiling begin om 11:00 en Jeandré Smith van Nico Smith-afslaers sal die afslaer wees.

Mense wat artikels vir die veiling wil inskryf, ’n stalletjie wil hê of aan die bagasiebak­verkoping wil deelneem, moet foto’s en beskrywings per e-pos na Betsie Roux by ar43@mweb.co.za stuur.

Vir meer besonderhede bel Roux by 082-413-9275 of Jackie Steyn by 082-577-7323.

– Marietjie Gericke

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Bloem Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.