SPESIALE VAKANSIE-AANBOD: Teken in teen net R49 vir jou eerste maand! Word 'n intekenaar
Nuus
ADHD is nou soos ’n oop boek

Die oud-Bloemfonteiner en kunstenaar David Griessel was die illustreerder van die eerste fiksie-kinderboek gemik op kinders met aandagafleibaarheid­sindroom (ADHD).

Die boek is geskryf deur prof. Renata Schoeman, ’n psigiater en die mede-skrywer van die Suid-Afrikaanse bestuursgids vir ADHD, saam met die bekroonde skrywer Refiloe Moahloli.

Prof. Schoeman sê ADHD is ’n toestand wat gereeld verkeerd gediag-noseer word en daar is heelwat mites en misverstande veral wanneer dit by die behandeling daarvan kom.

Na beraming ly een uit elke 20 kinders sowel as ’n geraamde een miljoen Suid-Afrikaanse volwassenes aan ADHD.

Die kinderboek All of these things are important to me is die eerste fiksieboek wat daarop gemik is om bewustheid te skep vir vroeë opsporing en ingryping by kinders wat moontlik aan ADHD ly.

Die boek ondersoek die avontuurlike lewe van Zee in ’n kort, kleurryke vertelling in Afrikaans en Engels, maar ook Sesotho, isiXhosa en isiZulu. Dit vertel hoe ’n kind met ADHD die wêreld ervaar en daarin lewe. Dit verduidelik wat ADHD is, hoe dit gediagnoseer word en hoe dit bestuur word. Dit bied ook waardevolle raad aan ouers, onderwysers en gesondheidsorgwerkers.

Schoeman sê die speelse storielyn van die boek is opsetlik om te verseker dat kinders vermaak word, terwyl ouers die wetenskaplike inhoud as hulpbron kan gebruik om hul kind of selfs hul eie vrae oor ADHD te beantwoord.

“Ons wou ’n hulpbron ontwikkel wat toeganklik sou wees vir soveel Suid-Afrikaners as moontlik, in hul onderskeie moedertale en in die stem van die kind by wie ouers en onderwysers aanklank sal vind,” het Schoeman in ’n nuusverklaring gesê.

Opbrengs van die boek sal geskenk word aan die Goldilocks and the Bear-stigting wat in 2017 deur prof. Schoeman en die atleet Nic de Beer gestig is om kinders in minder bevoorregte gebiede met ADHD, maar ook ander toestande soos leerprobleme ondervind, te help opspoor.

Die boek is beskikbaar teen R100 vanaf die fonds (info@gb4adhd.co.za) en sal deur borgskappe aan skole en publieke biblioteke geskenk word om die bewusmaking te verbreed.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Bloem Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.