Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Afrikaanswees kan jou op die kassie laat beland

Afrikaans.com se nuutste veldtog, Jy is Afrikaans as . . . , vestig die aandag op wat Afrikaanspraters laat uitstaan.

Daarom word die publiek gevra om dié stelling te voltooi deur die unieke karakter van Afrikaanswees in ’n kort video uit te beeld.

Volgens Annelie van Jaarsveld, hoof van mediaskakeling by Afrikaans.com, kan jy deelneem as jy trots is op jou Afrikaanse wortels of sommer net lief is vir die taal.

“Wie weet, dalk is jou video een van die vyf wenvideo’s en kry jy só die geleentheid om deel van Afrikaans.com se nuutste veldtog te word. Sit sommer vandag nog jou kreatiewe hoed op en maak jou video.”

Inskrywings sluit op 15 Junie.

Uittreksels van wenvideo’s word deel van Afrikaans.com se nuutste TV-advertensie.

Om jou in te skryf, maak ’n video (nie langer as 60 sekondes nie) waar jy iets unieks van die Afrikaanse kultuur of taal uitbeeld.

“Jy mag mos trots wees op jou Afrikaanswees en dit vier – dit is immers deel van jou identiteit.”

Plaas die video op jou Facebook- of Instagram-blad en merk (“tag”) Afrikaans.com by @afrikaans.com.

Jy kan ook jou video op YouTube laai en die skakel per e-pos na myafrikaans@afrikaans.­com stuur. Onthou die hutsmerk #tuisinjoutaal.

Vindingrykheid, oorspronklikheid en videogehalte sal tot ’n moont­like wenvideo bydra.

Besoek afrikaans.com en klik op die projekte-blokkie op die tuisblad.

Die volledige kriteria waaraan jou video moet voldoen en die kompetisiereëls is hier beskikbaar, asook die bepalings en voorwaardes.

Die tyd raak min, maar aangesien die inperking steeds geld, is nou juis ’n geleentheid om ons daaglikse bestaan so ’n bietjie op te kikker.

Rig navrae aan myafrikaans@­afrikaans.com.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Bloem Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.