Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Afrug-worshond word ’n muse

Ná ’n lewe van reis as vryskut-sportverslaggewer het Kerrie Bosse sowat drie jaar gelede ’n unieke aanlynonderneming gevestig.

Kerrie vertel Long Dog het begin toe haar worshond Lulu weens ’n gebreekte rug stil gehou moes word.

“Lulu het in 2014 seergekry en ek het besluit om van die huis af te werk sodat ek haar kon oppas.”

Sy sê dit was vir haar ’n baie emosionele tyd en ’n groot uitdaging om dié worsie vir twee maande stil te hou.

“In hierdie tyd het ek my leefstyl baie verander om haar te versorg en ’n sterk band het tussen ons gevorm. Ek het navorsing gedoen oor produkte met ’n worshondtema en gou besef daar is ’n leemte in die mark vir so ’n onderneming.”

Sy en haar man, Sean, het verlede jaar na Bloemfontein verhuis en nou is daar geen keer aan al die idees waarmee sy vorendag kom nie – al het sy ook haar hande vol met Anna (1), die nuutste toevoeging tot hul gesin.

Soos wat Kerrie die stad en die mense leer ken, het sy al meer talentvolle mense gekry wat vir haar produkte kan maak.

Angel Hearts, ’n werkswinkel waar mense met gestremdhede allerlei dekorartikels vervaardig, maak vir haar produkte.

Angel Hearts is ook besig met talle van Long Dog se Kersreeks­produkte.

Sowat 95% van al haar produkte word in Bloemfontein of elders in die land vervaardig. Net sowat 5% word uit die buiteland af ingevoer.

Elke jaar kan klante foto’s van hul worshonde na haar stuur. Sy kies dan die beste foto’s vir ’n Long Dog-kalender wat verkoop word.

’n Deel van dié inkomste help organisasies wat verwaarloosde honde red en versorg.

Kerrie vertel dié onderneming is ’n heerlike uitlaatklep vir haar kreatiwiteit.

Liefhebbers van worshonde kan by www.longdog.co.za gaan inloer.

Lulu het in 2014 seergekry en ek het besluit om van die huis af te werk sodat ek haar kon oppas.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Bloem Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.