Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Antieke meubels onder die hamer
Die Tulbagh-stoel sal op die veiling op 15 Mei te koop wees. Foto: Verskaf

’n Tulbachstoel van stinkhout met ’n lang familiegeskiedenis, is een van talle artikels wat op vanjaar se eerste veiling ten bate van Volksblad se Ons gee om-fonds te koop gaan wees.

Die veiling word op Saterdag 15 Mei van 10:00 tot 15:00 by Bainsvlei-afslaers aangebied.

Betsie Roux, een van die organiseerders, sê daar word ook reeds beplan vir die Erfenisdagveiling op 24 September op die geskiedkundige plaas Onze Rust.

Met die vorige veiling ten bate van die fonds verlede jaar, is ’n bedrag van R38 000 ingesamel.

Amanda Groenewald sê haar ma, Millie, se ouers Joe en Meraai Vosloo het op die plaas Suidwaaikraal in die Willowmore-distrik geboer. Millie onthou die Tulbachstoel uit haar grootwordjare. Nadat Meraai en later Joe oorlede is, is die inhoud van sy huis opgepak en geberg.

’n Eikehout-buffet is onder die meubels wat op die veiling verkoop gaan word.Foto: Lientjie Mentz

Ná baie omswerwinge het Amanda die stoel in 1960 opgespoor en dit het na haar huis in Port Elizabeth gegaan. Amanda sê die stoel was verwaarloos, maar is opgeknap en nou jare later steeds in haar besit.

“Ek verhuis binnekort ná 44 jaar in Bloemfontein terug na Port Elizabeth,” sê Amanda.

“Daar is nie plek vir die stoel nie. Dit is hartseer om die stoel te laat gaan, maar as dit ’n bydra tot Volksblad se Ons gee om-fonds kan maak, sal daar ten minste iets goeds uit die afskeid kom.”

Mense wat graag nog voorraad van goeie gehalte soos antieke meubels op die veiling wil verkoop, kan Roux by 082-413-9275 bel.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Bloem Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.