Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Arina vee rekord uit boeke

Arina Nicolaisen, ’n matriekleerling aan die Hoër Meisieskool Oranje, het geskitter op die Wêreldkampioenskappe vir gestremde junior atlete wat van 1 tot 4 Augustus in Nottwil, Switserland, plaasgevind het.

Sy het ’n nuwe wêreldrekord opgestel in die 800 m (T38-klas) vir vroue o.20 in ’n tyd van 2:35.83. Dit was net ’n raps vinniger as die vorige rekord (2:35.90) wat 18 jaar gelede deur die Portugees Maria Fernandes in Nottingham, Engeland, opgestel is. Arina het ook die nasionale rekord in die 800 m aangeteken en spog ook met dié titels in die 400 m en 1 500 m.

Sy het verlede jaar die wêreldrekord in die 1 500 m met enkele sekondes misgeloop.

Arina het kort ná die wedloop Sondag (04/08) gesê dit is ’n ongelooflike gevoel om die houer van ’n wêreldrekord te wees. “Dit was baie stresvol, maar dit is ’n droom wat waar geword het.” Nadat sy reeds die Suid-Afrikaanse rekord in die 800 m behaal het, het sy en haar afrigter, Rufus Botha, besluit dat sy gaan mik om die wêreldrekord te verbeter.

“Ná die wedloop het ek nie dadelik besef dat ek dit reggekry het nie. Ek was nie by die baan toe die aankondiging gemaak is nie.” Sy sê die rekord het eers ’n werklikheid geword toe haar ouers, Anton en Sunet haar kom gelukwens het.

Anton was self vroeër jare ’n Springbok-atleet in de middelafstande en die hinderniswedloop. Hy is in daardie jare deur Rufus se pa, wyle Leon Botha, afgerig.

Nog ’n Vrystaat-atleet, Obed Lekhehle, het ’n silwer medalje in die hoogspring vir mans (o.20) in sy klas (T42) behaal.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Bloem Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.