Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Astrofisikus met pluimpie verras
Anke van Dyk

’n Oudleerling van die Hoër Meisieskool Oranje se voorlegging is gekies vir die plakkaat op die internasionale Royal Astronomical Society se webwerf.

Anke van Dyk (28), ’n oud-Bloemfonteiner wat astrofisika (MSc) aan die Universiteit van Kaapstad (UK) studeer, sê dit is “ ’n klein prestasie”, maar een waaroor sy verheug is.

Dié projek is vir jong beroepsnavorsers geskep.

“Weens die Covid-19-pandemie was daar baie min geleentheid om ons werk in wetenskap-kringe te deel.”

Groot was haar opwinding toe die Royal Astronomical Society ’n virtuele uitstalling op sy webtuiste bekend stel sodat mense kan aansoek doen om hul navorsing daar ten toon te stel.

Sy het haar opsomming ingestuur en is een van 300 weten­skaplikes van oor die wêreld heen wat goedgekeur is.

Van Dyk is ook ’n lid van die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) wat deel vorm van die NRF in Kaapstad, waar haar mentors, prof. Vanessa McBride en prof. Paul Groot, gebaseer is.

“Ons bestudeer grotendeels wat hulle astrophysical transient events noem.

“Dit is objekte wat groot uit­barstings van helderheid oor ’n tydraamwerk van sekondes of jare het.”

Van Dyk was tot in gr. 9 ’n leerling aan die Hoër Meisieskool Oranje, waar sy ook as violis ’n lid van die Vrystaatse simfonieorkes was.

Daarna is sy na The A Level Team, ’n private skool in Pretoria.

Dayne Sage, haar man, is ’n elektriese ingenieur.

Albei haar ouers, Arnold en Susan, is afgetrede dokters.

Brand, haar oudste broer, is ’n Microsoft Dynamics-konsultant vir HSO in Amsterdam, en Arnold, die middelste kind, is ’n belasting­prokureur in Kalifornië.

Van Dyk sê sy het eers onlangs, in 2015, ’n belangstelling in astronomie ont­wikkel.

“Uiteindelik wil ek graag meer astronomie gebruik vir die ontwikkeling van gemeenskappe.”

Haar span ondersoek die Melkweg en nabye sterrestelsels se ster-bevolkings.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Bloem Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.