Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Atlete tree meesterlik op

’n Suid-Afrikaanse rekord en talle Vrystaat-rekords is op die Suid-Afrikaanse Meestersatletiekbyeenkoms op 27 tot 29 April in die Mangaung-atletiekstadion in Bloemfontein aangeteken.

Een van die hoogtepunte van die byeenkoms was Aletta Kruger wat in die ouderdomsgroep 85 tot 89 jaar die Suid-Afrikaanse rekord in gewigstoot en massagooi opgestel het. Hier is die Vrystaters se uitslae. Rekords word met ’n asterisk (*) aangedui.

  • Mans – eerste plek: Mans 40 – Eustace Lemmetjies: 400 m* en driesprong*;) Mans 45 – Flippie Kotze: 3 000 m-hindernis*;) Mans 45 – Mtampule Magage: 10 000 m;) Mans 50 – Bernard Farmer: 10 000 m*;) Conradie Scheepers: gewigstoot en diskusgooi;) Mans 55 – Henk le Roux: 400 m-hekkies*;) Mans 65 – Chris Smit: 100 m-hekkies en hoogspring;) Mans 70 – Bobby de Kock: 200 m en verspring;) Mans 75 John Maputle: 100 m, 800 m* en 10 000 m*.
  • Vroue – eerste plek: Vroue 35 – Zelna Henning: spiesgooi;) Vroue 35 – Amanda Labuschagne: hoogspring en 2 000 m-hindernis*;) Vroue 40 – Wanda Taljaard: spiesgooi;) Vroue 45 – Carolise Jacobs: 800 m*;) Vroue 45 – Sunet Nicolaison 1 500 m;) Vroue 50 – Dinah Heymans: hoogspring;) Vroue 60 – Kedibone Diba: 100 m* en 400 m*;) Vroue 65 – Martha Maputle: 800 m*;) Vroue 70 – Litta Sebitlwane: 200 m*;) Vroue 70 – Madeleine Coetzee: spiesgooi;) Vroue 75 – Kitty van der Merwe: hamergooi*;) Vroue 75 – Willemien Smuts: 1 500 m*.
  • Mans – tweede plek: Mans 35 – Arno Moller: hamergooi*;) Mans 40 – Eustace Lemmetjies: 100 m* en 200 m;) Mans 40 – Norman Modise: 3 000 m-hindernis en 10 000 m;) Mans 40 – Jannie Ras: tienkamp*;) Mans 45 – Chris Pretorius: spiesgooi;) Mans 45 – Mtampule Magage: 3 000 m- hindernis;) Mans 50 – Andre Bartleman: hoogspring en verspring;) Mans 55 – Paul Visser: 3 000 m-hindernis*;) Mans 65 – Chris Smit: verspring;) Mans 70 – Francois Potgieter: 100 m*;) Mans 70 – Bobby de Kock: 2 000 m-hindernis* en 1 500 m;) Mans 75 – John Maputle: 200 m.
  • Vroue – tweede plek: Vroue 40 – Teresa Richards: 1 500 m*;) Vroue 45 – Ronel Cloete: 1 500 m;) Vroue 60 – Magaret Moshoenyane: 100 m en 200 m*;) Vroue 60 – Kenole Motumi: 400 m;) Vroue 65 – Martha Maputle: 200 m* en 400 m*;) Vroue 70 – Litta Sebitlwane: 400 m*;) Vroue 70 – Elizabeth Ditheko: gewigstoot*.
  • Mans – derde plek: Mans 35 – Arno Moller: diskusgooi*, spiesgooi en massagooi*;) Mans 40 – Edward Saunderson: 100 m;) Mans 45 – Wicus Vorster: 1 500 m;) Mans 50 – Andre Bartleman: 10 000 m;) Mans 55 – Paul Visser: 10 000 m;) Mans 65 – Chris Smit: diskusgooi*;) Mans 70 – Bobby de Kock: 100 m en 800 meter;) Mans 80 – Moyaki Mabila: 5 000 m-stap*.
  • Vroue – derde plek: Vroue 45 – Mercia Pretorius: 400 m en 1 500 m;) Vroue 50 – Alta Horn: massagooi, gewigstoot*, diskusgooi*, spiesgooi*, hamergooi en worpe-vyfkamp*.
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Bloem Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.