Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Baarde pronk deur jare

Die nuwe Afrikaanse sangsensasie Jo Black trek nie net die aandag vanweë sy besonder forse en klankryke stem nie, maar ook oor sy lang, welige bosbaard.

Sy baard is inderdaad ’n pronkstuk wat hom tussen menigeen laat uitstaan, want die deursnee baard-draer in Suid-Afrika skram vandag weens verskeie redes daarvan weg om vanweë verskeie redestot dié uiterstes van lang baarde oor te gaan.

Maar hoe ding Jo mee teen ’n vervloë tyd toe sulke baarde heelwat meer in die mode was?

Dit was dikwels stoere en stroewe volksvaders wat as patriargale hoofde van huis­houdings daardeur verdere gesag wou afdwing.

In Bloemfontein nie minder so nie, veral as daar na die eerste paar dekades ná die ontstaan van die stad in 1846 gekyk word.

Hoe speel die sanger se baard af teen dié van bekende inwoners uit dié tyd?

Wat die prentjie interessant maak, is dat hy die meeste van die ou hardebaard-ooms op dié terrein oortref – daar is slegs ’n klompie wat werklik by hom kers kan vashou.

Onthou, vanmelewe het baie Bloemfonteinse mans – om nie eens van snorre te praat nie – stigtelike, netjies-geknipte baarde gehad.

Tog was daar diegene wat, om dit in eenvoudige Afrikaans te stel, behoorlik laat waai het – waaronder van die staatspresidente en die hoë hoëlui getel het.

Diegene onder laasgenoemde wat Jo op voorkoms van sigwaarde op historiese foto’s getroef – of amper getroef – het, kan amper op die een hand getel word.

So was daar Josias Philip Hoffman, Johannes Henricus Brand en Martinus Theunis Steyn; onderskeidelik eerste, derde en vyfde staatspresident van die Republiek Oranje-Vrystaat (1854 tot 1902).

Maar ook goewerment­sekretaris J.C. Nielen Marais, staatsprokureur J.P. Papenfus, ds. C.S. Morgan en pres. Steyn se pa, Marthinus “Blink Stewels” Steyn.

Soos Jo het almal hul baarde met trots gedra. . .
– Hannes Haasbroek

Maar hoe ding Jo (Black) mee teen ’n vervloë tyd toe sulke baarde heelwat meer in die mode was?

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Bloem Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.