SPESIALE VAKANSIE-AANBOD: Teken in teen net R49 vir jou eerste maand! Word 'n intekenaar
Nuus
Bekende skrywers gesels oor beginjare

Een van die oorspronklike stigter­lede van Bloemnuus was onder die drie bekende skrywers en oud­verslaggewers van Volksblad wat die naweek kom gesels het oor hul boeke, hul loopbane en misdaad­fiksie.

Deon Meyer, Rudie van Rensburg en Chris Karsten was Saterdag (23/11) in die Blue Gem-restaurant by Prellerplein in gesprek met Volksblad se redakteur, Gert Coetzee, oor die pad wat hulle elkeen gestap het sedert hulle hul eerste berigte meer as 30 jaar gelede vir Volksblad geskryf het.

Die gewilde M-Net-reeks Trackers wat Sondag (24/11) ten einde geloop het, was gegrond op Meyer se boek Spoor.

In die gesprek het Meyer vertel hoe hy destyds as “rou en onbeholpe joernalis” by Volksblad begin werk het. “Dit is hier waar ek geleer het hoe om woorde en taal te verweef. As jong joernalis het ek geleer hoe om mooi te luister en die erts uit die grondstof te kry vir ’n lekker storie.”

Ná talle draaie in die korporatiewe wêreld is hy nou heeltyds skrywer en betrokke by die maak van rolprente. Hy was die uitvoerende vervaardiger Trackers.

Rudie van Rensburg is bekend vir sy misdaadfiksie-boeke soos Slagyster en vanjaar Medusa en Vloek wat uit sy pen verskyn het.

“Soos die ander twee het ek ook my skryftande by Volksblad geslyp.”

Hy was een van drie stigterslede van Bloemnuus wat in 1982 as “wegbreek-koerant” gestig is. Die koerant is later deur die groep teruggekoop.

Chris Karsten het reeds in sy begindae by Volksblad jeugboeke en ander boeke gepubliseer. Hy het al 26 boeke geskryf waaronder die Abel Lotz-trilogie. Sy nuutste boek is Anderman se Vrou.

“Ek het my hele lewe by koerante gewerk. Ek het in 1971 by Volksblad begin en was tot my aftrede in 2009 by koerante betrokke.”

Hy was onder meer nuusredakteur van Rapport. Hy het ’n tyd lank in Kanada gewoon waar hy heeltyds begin skryf het.

“By die koerant het ek geleer om bondig te skryf en nie met woorde te mors nie. Die uitgewers sukkel nou nog met my om meer byvoeglike naamwoorde te gebruik.”

Karsten sê hy glo Afrikaanse misdaadfiksie is so gewild omdat Suid-Afrikaners smag na orde.

“Die skrywer het ’n kontrak met die leser dat die slegte ou gevang gaan word.”

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Bloem Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.