Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Beurs op die spel

Vier Bloemfonteiners is finaliste in die eerste HumanNaudé-beurs­kompetisie, wat die wenner R100 000 in die sak sal bring.

Dit is die grootste musiekbeurs vir jong musici wat in die Vrystaat studeer of skoolgaan.

Die vier strykers Ezelle Erasmus (viool), Pieter Joubert (viool), Chris van Zyl (tjello) en Maria Yazbek (viool) moet op 18 Februarie in ’n konsert rekenskap van hulself gee om die wenner te bepaal.

Elkeen moet drie kontrasterende werke op minstens gr. 8-vlak uitvoer, waarvan een ’n volledige sonate of sikliese werk moet wees.

Erasmus en Van Zyl is musiek­studente aan die Universiteit van die Vrystaat (UV) en Joubert is ’n leerling aan die Hoërskool Sentraal. Yazbek word tuis onderrig.

Die beurs kan vir studie aan enige tersiêre instansie in Suid-Afrika of in die buiteland gebruik word, maar is onderhewig aan streng vereistes wat onderrig en die kandidaat se vordering betref.

Prof. Japie Human, ’n eertydse konsertpianis en klavier­dosent aan die UV, het die beurs saam met sy lewensmaat, Willem Naudé, nagelaat. Human is in 2015 dood.

Die beoordelaars is Anneke Lamont, Leana Lötter, Johan Cromhout en Charl du Plessis.

Zanta Hofmeyr, Gautengse violis, tree in die eindronde as eksterne beoordelaar op.

Die kompetisie word om die beurt vir instrumentaliste (22 jaar en jonger) en sangers (26 jaar en jonger) aangebied.

Sangers sal later vanjaar aan die beurt wees om hulle vir die kompetisie in te skryf.Dit is later vanjaar sangers se beurt om vir die kompetisie in te skryf.

  • Die konsert sal aangebied word om 19:30 in die Odeion-teater op die UV-kampus. Toegang is gratis.
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Bloem Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.