Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Bfn-leerling wen goud in Georgië

’n Leerling aan die Hoër Meisieskool Oranje, Alex Klopper (14), het van 29 tot 30 Junie aan die Europese vyfkamp-ope-kampioenskapsbyeenkoms vir o.17-atlete in Tbilisi, Georgië, deelgeneem.

Sy het daar ’n goue medalje behaal.

Dié kompetisie is saamgestel uit ’n swem-nommer oor 200 m, waarna die deelnemers in ’n sekere hoeveelheid kompetisies skerm. Dit word bepaal deur die hoeveelheid atlete wat deelneem.

In dié twee nommers word punte aan elke atleet toegeken, wat dan weer bepaal in watter volgorde en tyd die atlete vir die laaste nommers sal wegspring.

Die Laser Run-nommer behels dat atlete 800 m hardloop en dan oor ’n afstand van 10 m met ’n laserpistool na vyf teikens moet skiet.

oor 10 m na vyf teikens skiet. Die spoed waarteen die atlete skiet, bepaal hoe vinnig hulle na die volgende ronde kan begin hardloop. Die atlete hardloop elke keer 800 m enherhaal die skiet-hardloop drie maal.

Alex het reeds op tienjarige ouderdom aan vyfkamp begin deelneem, en dit is steeds haar passie.

Sy sê hardloop, skiet, swem en skerm vorm deel van haar weeklikse roetine.

“My sport leer my waardevolle lesse soos om nederig te bly en nie moed op te gee nie. Dit bou sterk karakter, hou my gefokus en leer my dat ek altyd goeie sportmangees moet toon.”

Alex glo haar sport het ’n positiewe invloed op haar lewe en laat haar harder fokus op ander aspekte van haar lewe, soos akademie en kultuur by die skool.

Moderne vyfkamp is een van die oudste sportsoorte wat deel van die Olimpiese Spele vorm.

Vyfkamp bestaan uit vyf dissiplines, naamlik hardloop, skiet, swem, skerm en perdry.

Atlete hoef wel eers in hul junior jaar (ouer as o.19) aan perdry deel te neem.

Alex is in die Suid-Afrikaanse Moderne Vyfkamp-vereniging outh African Modern Pentathlon Association se span ingesluit.

Hulle gaan in September in Dublin, Ierland, aan die Laser Run-wêreldbyeenkoms World Championship(skiet en hardloop) deelneem, en in Oktober aan die Triathle-wêreldbyeenkoms (skiet, swem en hardloop) in Egipte.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Bloem Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.